On Now
Weekends 09:00 - 12:00
Classic Sundays Tony
NEXT: 12:00 - 16:00 Classic Sundays with Christie
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: Kommer oor optrede van polisie ná omstrede voorval by Verkeerdevlei

───   ELSABÉ RICHARD 15:24 Wed, 02 Aug 2023

Landbounuus: Kommer oor optrede van polisie ná omstrede voorval by Verkeerdevlei  | News Article
FOTO: Skermgreep/Willem Petzer (Facebook).

Kommer bestaan oor die polisie se inkonsenkwente optrede ná ’n omstrede voorval by Verkeerdevlei in die Vrystaat.

Twee vroueboere en ’n man is in hegtenis geneem en na bewering gewelddadig hanteer nadat hulle vermeende veediewe wou vastrek. Vrystaat TLU SA voorsitter, Bertus van der Westhuizen, sê hoewel hulle nie oor die besonderhede van die spesifieke saak kommentaar kan lewer nie, heers daar groot kommer oor die optrede van die polisie. Óf hulle daag nie op nie, óf hulle gebruik uitermate onnodige geweld.

Wie gaan die vakuum vul? Dit is vanjaar die tema van Vrystaat Landbou se kongres. Die organisasie se president, Francois Wilken, sê boere gaan onder onder meer misdaad gebuk, soos plaasaanvalle en -moorde, en moet in sommige gevalle hand in eie sak steek om die nodige veiligheid te bekom om te verseker dat hulle, hul geliefdes en werkers nie ook slagoffers word nie.

Spanwerk is belangrik om die land se elektrisiteitskrisis die hoof te bied. Dit sluit in die samekoms van boere, Eskom en ander rolspelers om hande te vat om beurtkrag tot 'n einde te bring. Dit was een van die sleutelpunte van Eskom se voormalige hoof operasionele beampte, Jan Oberholzer, by Vrystaat Landbou se jaarkongres.

Suid-Afrika berei voor vir warmer en droër EI Niño-weerstoestande, gepaard met die risiko van beurtkrag. Bloemfontein Courant berig boere word gewaarsku om die nodige maatreëls te tref vir die risiko van veldbrande tydens hierdie winter- en winderige lente-seisoen. Die nadelige uitwerking van veldbrande het in die verlede gelei tot 'n toename in die verlies van landbouproduksie. Dit het voedselonsekerheid vir mense en vee veroorsaak. In sommige gevalle is toerusting beskadig, wat ernstige finansiële uitdagings vir die boere meegebring het.

EN 

Bo-normale reënval word oor die meeste dele van die land verwag gedurende die vroeë, middel- tot laat lente. Die SA Weerdiens sê die reënvalvoorspelling vir somerreënvalstreke sal waarskynlik 'n positiewe impak op gewas- en veeproduksie hê. Ondernormale reënval word egter voorspel oor dele van Noordwes, Vrystaat en van die Kaap-provinsies. Boere word aangeraai om waterberging, die vestiging van goeie dreineringstelsels en ander toepaslike boerderypraktyke te beoefen.

OFM Nuus


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.