Agriculture
Verwagtinge vir die 2023/24-somergewasseisoen─── ELSABÉ RICHARD 09:56 Tue, 15 Aug 2023
Met Suid-Afrika se 2022/23-somerproduksieseisoen agter die rug, verskuif die fokus na die 2023/24-produksieseisoen, wat in Oktober begin.
Wandile Sihlobo, hoof- landbouekonoom by die Landbousakekamer van Suid-Afrika (Agbiz), sê hoewel daar geen bewyse is van die voorkoms van die El Niño-verskynsel in Suid-Afrika die komende somer nie, is een bekommernis die moontlikheid van uiterste hitte.
“Verskeie lande in Europa en streke van die VSA het hierdie somer uiterste hitte ervaar, wat op sekere tye uitdagend was vir die landbou. Wanneer die 2023/24-somergewasseisoen in Suid-Afrika begin, sal die monitering van temperature en die impak op gewasse daarna nodig wees.”
Mielieproduksie
Die Internasionale Graanraad (IGC) het die laaste paar weke Suid-Afrika se 2023/24-mielieproduksie op 15,6 miljoen ton voorspel, marginaal laer as die huidige oes van 16,4 miljoen ton.
Daarmee saam het die Verenigde State se Departement van Landbou se kantoor in Pretoria onlangs sy voorspelling bekend gemaak, wat Suid-Afrika se 2023/24-mielieproduksieskatting op 15,8 miljoen ton plaas, marginaal bo die IGC se syfers.
Hierdie instellings het ’n ligte El Niño aangeneem, en grondvog is tans goed. Ten spyte van optimisme oor die komende seisoen twyfel Agbiz of die oes so groot kan wees en beskou 13 tot 14 miljoen ton as waarskynliker.
Intussen het die Nasionale Oesskattingskomitee die oppervlakte- en sesde produksieskatting vir somergewasse bekendgemaak:

