On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agriculture

2023/24-wolseisoen het amptelik begin

───   ELSABÉ RICHARD 11:47 Mon, 21 Aug 2023

2023/24-wolseisoen het amptelik begin | News Article
FOTO: Rachel Claire/Pexels.

Die 2023/24-wolseisoen het verlede week begin met 'n aanbod van net meer as 8 000 bale, nadat 2 125 bale voor die veiling onttrek is.

Sien onderstaande PODCAST

OVK se Juan Venter sê die Cape Wools Merino-aanwyser het met 4,5% vir nie-RWS en 3,5% vir RWS wol gedaal teenoor die vorige veiling, en teen 'n skoonprys van R158,08/kg en R172,79/kg, onderskeidelik gesluit.

“Op die OVK-veiling is 2 731 bale aangebied, waarvan 92,3124% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK-veiling van R177,70/kg, is behaal vir ’n 1 baal lot BBH van 16,3 mikron, uit die skeersel vanuit Ottergat Trust in die Sutherland-distrik.

“Die koper was Standard Wool SA.”  

Kontak OVK om jou by te staan in die RWS-sertifiseringsproses. Katalogus 2 en 3 word saam op 29 en 30 Augustus verkoop.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.