Agriculture
Meederheid volhoubare gesertifiseerde wol by 33ste veiling─── ELSABÉ RICHARD 14:00 Fri, 26 May 2023
Volhoubare gesertifiseerde wol het gedurende die 33ste wolveiling van die seisoen 66% van die Merinowol wat aangebied is, uitgemaak.
Sien onderstaande PODCAST
Senior wolbemarker by OVK, Heinrich Victor, sê die Cape Wools Merino-aanwyser het met 4,6% vir nie-RWS en 4,9% vir RWS wol gedaal teenoor die vorige veiling, en teen 'n skoonprys van R164,58/kg en R180,15/kg, onderskeidelik gesluit.
“Op die OVK-veiling is 2 071 bale aangebied, waarvan 91,31% verkoop is.
“Die hoogste prys op die OVK-veiling van R185/kg, is behaal vir ‘n 1 baal lot CMH van 17 mikron, uit die skeersel vanuit DG Forbes, vanuit die Burgersdorp-distrik.
“Die koper was Standard Wool SA,” deel Victor.
Skakel gerus met OVK om u by te staan in die RWS-sertifiseringsproses.
Die volgende wolveiling is vir 31 Mei geskeduleer.
