Agriculture
Agri-uur: Jongste Safex-nuus─── 05:55 Thu, 24 Aug 2023
Foto: Intricate Explorer/Pexels
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
- Die CBOT-mieliekontrakprys het sedert Woensdag verhandel teen ‘n effense afwaartse tendens van ongeveer 0,6% laer as die vorige verhandelingsdag.
- Die binnelandse mieliekontrakte het Woensdag met effense afwaartse tendense verhandel.
- Die plaaslike nabymaand witmieliekontrak vir lewering in Augustus 2023 het met R10/ton (-0.28%) gedaal en teen R3 605/ton gesluit.
- Die plaaslike nabymaand geelmieliekontrak het vir lewering in Augustus 2023 met R29/ton (-0,80%) gedaal en teen R3 605/ton gesluit.
- In die jongste SAGIS-produsente leweringsverslag is daar gerapporteer dat witmielies, tot en met einde verlede week, ongeveer 85,3% klaar gelewer. Dit gemeet teenoor die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) se voorspelling vir ‘n 8,64 miljoen ton. Tot dusvêr is 7,37 miljoen ton se witmielies gelewer.
- Die verslag het ook getoon dat geelmielie lewerings, tot en met einde verlede week, 81,3% uitmaak van die NOK se voorspelling van ‘n 7,72 miljoen ton geelmielie-oes. Tot dusvêr is 6,27 miljoen ton gelewer.
Sojaboon:
- Die CBOT-sojaboonkontrakprys het sedert Woensdag verhandel teen ‘n afwaartse tendens van ongeveer 1,36% laer as die vorige verhandelingsdag.
- Die binnelandse sojaboonkontrakte het Woensdag met skerp afwaartse tendense verhandel.
- Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Augustus 2023 met R222/ton (-2,31%) gedaal en teen R9 370/ton gesluit.
- Die Maart 2024-kontrak het met R236/ton gedaal en teen R9 449/ton.
- In die jongste SAGIS produsente leweringsverslag is daar gerapporteer dat sojabone 95,6% gelewer is teenoor die NOK se voorspelling vir 2,76 miljoen ton.
- Tot dusvêr is 2,63 miljoen ton gelewer. Ons moet nou 5 583ton/week lewer om by NOK syfer uit te kom.
Koring:
- Die CBOT-koringkontrakprys het, in teenstelling met mielies en sojabone, sedert Woensdag verhandel teen ‘n effense opwaartse tendens van ongeveer 0,4% hoër as die vorige verhandelingsdag.
- Die binnelandse koringkontrakte het Woensdag met gemengde tendense verhandel.
- Die plaaslike koringmark het vir lewering in Augustus 2023 met R38/ton (+0,56%) geklim en teen R6 800/ton gesluit.
- Die September 2023-kontrak het met R76/ton gedaal en gesluit teen R6 626/ton. Die tyd kom nader vir die wintergrane om gestroop te word.
Vir meer inligting oor die huidige kommoditeitsmark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.
