On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: Nog geen verdagtes in hegtenis geneem vir Kagisanong-plaasmoord

───   ELSABÉ RICHARD 15:34 Thu, 31 Aug 2023

Landbounuus: Nog geen verdagtes in hegtenis geneem vir Kagisanong-plaasmoord | News Article
FOTO: Kindel Media/Pexels

Kagisanong se polisie het nog niemand aangekeer ná die moord op 'n 71-jarige boer nie.

Die slagoffer se 64-jarige vrou is Dinsdag ernstig beseer onder 'n matras in hul huis by Bloemfontein gevind en hospitaal toe gebring. Vrystaatse polisiewoordvoerder,  Mahlomola Kareli, vra enigeen met inligting wat in die ondersoek kan help, moet na vore kom.

Die VF Plus sê al raad vir boere in die Vrystaat om plaasaanvalle af te weer, is om hulself te beskerm binne die raamwerk van die wet. Provinsiale leier, Jan van Niekerk, sê blykbaar stel die provinsiale regering geensins daarin belang om boere te beveilig en voedelsekerheid te verseker nie.

Intussen ondersoek die polisie ’n saak van moord nadat die liggaam van ’n 65-jarige man gevind is op ’n plaas tussen Hofmeyr en Cradock. Oos-Kaapse polisiewoordvoerder, Majola Nkohli, sê met hul aankoms op die misdaadtoneel gister, is die liggaam van die bejaarde man in die plaashuis gevind. Die oorledene se identiteit is bekend, maar word weerhou totdat 'n amptelike identifiseringsproses afgehandel is. Die slagoffer se voertuig is verlate in Hofmeyr gevind. Hy was 'n ingebnieur wat aan 'n padbouprojek gewerk het.

ActionSA in die Vrystaat sê die party beplan om ’n versoek te rig aan die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging oor die Estina-suiwelprojek-hofsaak. Die party will hê Advokaat Shamila Batohi moet verduidelik hoekom dié saak van R280 miljoen in Vrede, waarin die voormalige ANC sekretaris-generaal, Ace Magashule, geïmpliseer word, gister tot Augustus volgende jaar uitgestel is. 

EN 

Die lewendehawe mark was vandeesweek taamlik stabiel. Chris Derksen, wat weekliks die veilingspryse vir lewendehawe verskaf, bring ons op hoogte van die lewendehawe-pryse per kilogram.

OFM Nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.