On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: Afasa wil griewe aan Vrystaatse LUR vir Landbou bekend maak

───   ELSABÉ RICHARD 14:12 Tue, 05 Sep 2023

Landbounuus: Afasa wil griewe aan Vrystaatse LUR vir Landbou bekend maak | News Article
FOTO: Vrystaatse LUR vir Landbou, Saki Mokoena/Facebook.

Die African Farmers' Association of South Africa (Afasa) in die Vrystaat versoek 'n verbod op die tenderproses en/of die gebruik van implementeringsagente in ondersteuningsprogramme vir boere.

Afasa versoek duidelikheid vanaf die provinsiale landbou-LUR oor kwessies wat verband hou met die advertensies van tenders vir die ondersteuningsprogramme, en om ook terugvoer te kry oor die vertraging in insettoelaes. Afasa-woordvoerder, Realeboha Mokhethi, sê van die projekte wat onder die implementeringsagente misluk het, is die Oranjeville Visseryprojek en Wilhemina Appelprojek. 

Die landboudepartement se kommentaar: "Die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling is bewus gemaak dat sommige organisasies ontevrede is oor die standpunt wat die departement ingeneem het. Ons moet nog formeel met alle betrokke partye vergader. Op hierdie stadium sal dit voortydig wees om hierdie aangeleentheid te bespreek totdat alle partye mekaar ontmoet het en in gesprek getree het." 

Die landbousekor het met 4,2% gestyg en 0,1 van 'n persentasiepunt tot bruto binnelandse produk-groei bygedra. Dit is volgens Statistieke SA wat die BBP-syfers vir die tweede kwartaal van 2023 bekend gemaak het. Die toename en bydrae tot die land se ekonomie was hoofsaaklik te wyte aan verhoogde ekonomiese aktiwiteite vir veldgewasse en tuinbouprodukte. Die Landbousakekamer van SA het gister sy optimisme oor die verwagte syfers bekendgemaak nadat die sektor voorheen 'n skerp inkrimping getoon het van 12,3% kwartaal-op-kwartaal.

Saai se familieboereresolusie teen plaasmoorde en die swak veiligheidsituasie in landelike gemeenskappe, gaan deur die Wêreldlandbou-organisasie by die Verenigde Nasies aangemeld word. Saai sê die organisasie het reeds in 2015 en 2017 mosies aanvaar waarin die wêreld se landbouleiers hulle steun en simpatie betoon het aan Suid-Afrikaanse boere, as slagoffers van geweld wat aangehits word. Dit sê dat die EFF se dreunsang “Kill the farmer, kill the Boer” steeds internasionaal opslae maak, wat Saai as familieboernetwerk laat besluit het om verder na plaaslik beregtiging te soek.

Plaagdoders het spesifieke instruksies waaraan boere moet voldoen. CropLife Suid-Afrika se Elriza Theron sê egter baie mense ignoreer dié instruksies, wat skadelik vir hulle en die omgewing kan wees. Sy het onlangs gepraat tydens 'n landbou-beleidsrondetafel wat deur ActionSA aangebied is.

EN

TLU SA is besig om die finale reëlings te tref vir die jaarlikse kongres wat môre by die Voortrekkermonument plaasvind. Hoofbestuurder Bennie van Zyl sê vanjaar se kongrestema is “Die vier seisoene van landbou”. Hy sê dit verwys nie net na die uitdagings van die fisiese veranderende seisoene nie, maar ook die geestelike, moderne en politieke uitdagings wat landbou beïnvloed.

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.