On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Klassifikasie van werkgewer, werknemer in landbou

───   ELSABÉ RICHARD 08:35 Wed, 06 Sep 2023

Klassifikasie van werkgewer, werknemer in landbou | News Article
FOTO: Quang Nguyen Vinh/Pexels.

Daar is soms 'n misverstand oor wie as 'n werkgewer, 'n sub-kontrakteur of 'n werknemer beskou word.

Daar is soms 'n misverstand oor wie as 'n werkgewer, 'n sub-kontrakteur of 'n werknemer beskou word ingevolge die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes, maar ook ingevolge ander arbeidswetgewing.

Stephan Pietersen van Work Accident Support praat met OFM Nuus om hierdie misverstand uit die weg te ruim.

- 'n Werkgewer is iemand wat een of meer werkers tydelik of voltyds in diens neem met die doel om deel te neem aan die bedryf van sake, boerdery of organisasie.

- 'n Arbeidsmakelaar.

- Huishoudelike werkgewer wat huiswerkers, tuinwerkers of au pairs aanstel. 

- Produsente het nie nodig om huiswerkers apart te registreer nie, maar hulle kan wel by die plaasarbeiders ingesluit word.

  • Wie is 'n werknemer?

- 'n Persoon wat 'n dienskontrak of vakleerlingskap aangegaan het of daarvolgens werk.

- 'n Leerlingskap by 'n werkgewer, hetsy die kontrak uitdruklik of geïmpliseer, mondelings of skriftelik, en of vergoeding volgens tyd of werk gedoen word, of in kontant is.

- 'n Tydelike werknemer in diens vir die doel van die werkgewer se besigheid.

- 'n Werkende direkteur van 'n maatskappy of 'n lid van 'n regspersoon wat ingeskryf het in 'n dienskontrak of van vakleerlingskap of leerlingskap met die regspersoon, in sover dat die werknemer optree binne die bestek van sy/haar diens ingevolge so 'n kontrak (uitgesluit alleeneienaars en vennote).

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.