Agriculture
Benede Oranje-boere bekommerd oor ryp─── 09:09 Thu, 14 Sep 2023
‘n Lang seisoen lê voor vir produsente met die hoop dat die voortslepende koue en die verwagte hitte nie inbraak op ‘n goeie oes gaan maak nie.
Druiwe- en rosyntjieprodusente in die Benede Oranjerivier-streek ervaar tans ryp weens die kouefronte wat die land getref het, en selfs tot sneeu in Sutherland in die Karoo gelei het.
Raisins SA se Ferdie Botha sê produsente staan aan die begin van ‘n nuwe seisoen met ‘n goeie winter agter die rug, wat weens die ryp skade aan vroeë kultivars aangerig het.
Hy sê skade sal, namate die koue toestande begin afneem, eers ten volle sigbaar wees met nog ryp wat Dinsdag op verskillende plase aangemeld is.
Botha sê ‘n lang seisoen lê voor vir produsente met die hoop dat die voortslepende koue en die verwagte hitte nie afbreek sal doen aan ‘n goeie oes nie.
