On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: Voëlgriep in Vrystaat, Noordwes aangemeld

───   ELSABÉ RICHARD 10:00 Mon, 25 Sep 2023

Landbounuus: Voëlgriep in Vrystaat, Noordwes aangemeld | News Article
Foto deur Engin Akyurt/Pexels

Die landboudepartement sê daar is vermoedelik ook uitbrekings by hoenders in KwaZulu-Natal en Mpumalanga.

Die Vrystaat en Noordwes is ingesluit in die lys van provinsies waar voëlgriep aangemeld is. Die Departement van Landbou sê beide dié provinsies het elk een pluimveeplaas waar dié virus bevestig is. Ander provinsies sluit in Gauteng met 28 eiendomme. Die departement sê daar is vermoedelik ook uitbrekings by hoenders in KwaZulu-Natal en Mpumalanga.

Intussen is nog geen nuwe gevalle van bek-en-klouseer in die Vrystaat aangemeld in die afgelope 11 maande nie. Die landboudepartement sê ná die verspreiding van die virus na die provinsie in September 2022, is daar nog drie oop bek-en-klouseer-uitbrekings, insluitend een voerkraal en twee kleinskaalse plase. Die geaffekteerde plase is steeds onder kwarantyn.

Die Pretoriase Hooggeregshof se besluit om 'n landbou-organisasie toegang te verleen tot inligting oor grondeise, word wyd verwelkom. Saai het nou toegang tot grondeise-inligting wat gepuliseer is in die Staatskoerant tussen 1998 en 2021. DA-adjunk-skaduminister van landbou, Thandeka Mbabama, sê dit is 'n oorwinning vir die boeregemeenskap wat nie hul plase kon ontwikkel of verkoop nie weens onsekerhede wat deur uitstaande eise meegebring is.

EN ... 

'n Daling in Merinowol-aanbod van tussen 20%-30% word voorspel. OFM sê Pieter Moller berig dit is weens die Australiese regering se verbintenis tot die uitfasering van lewendige skaapuitvoer.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.