On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: Burgerregte-organisasie sit stryd teen onteieningswetsontwerp voort

───   ELSABÉ RICHARD 13:30 Thu, 28 Sep 2023

Landbounuus: Burgerregte-organisasie sit stryd teen onteieningswetsontwerp voort | News Article
FOTO: Pixabay via Pexels.

AfriForum het sy stryd teen die Onteieningswetsontwerp voortgesit met ’n mondelinge voorlegging in Parlement.

Landbou-organisasies is lank gekant teen dié wetsontwerp en sê dit stel die land se voedselsekerheid in gevaar.

Die Suid-Afrikaanse Volstruissakekamer spreek kommer uit oor die huidige uitbraak en verspreiding van voëlgriep in die land. Bedryfsveearts, Dr. Adriaan Olivier, sê hulle het reeds verskeie maatreëls in plek om te verhoed dat die virus versprei onder volstruise.

Ná oorstromings in dele van die Namakwa-streek in die Noord-Kaap, waarsku die weerdiens oor uiters hoë brandgevaartoestande in dié distrik. ’n Brandverbod-tydperk is intussen afgekondig deur die Noordwes sambreelbrandbeskermingsvereniging tot 31 Oktober. Boere en grondeienaars word verbied om gedurende hierdie tydperk vure te maak in oop gebiede. Vure wat binne 'n geslote area gemaak word, moenie onbewaak gelaat word nie en na gebruik geblus word.

Die DA is bekommerd dat die waarnemende uitvoerende burgemeester van die Mangaung Meto Munisipaliteit onverskillig voorkom oor die agteruitgang van die plaaslike varsproduktemark onder sy leiding. Raadslid Tjaart van der Walt sê die mark dien lank reeds as 'n noodsaaklike inkomste-gegenereerde bate vir onder andere die munisipaliteit.

EN

Die impak van hondsdolheid op lewendehawe is minder ernstig in vergelyking met die uitwerking daarvan op mense. Wêreld Hondsdolheidsdag, wat jaarliks op 28 September herdenk word, dien as 'n herinnering dat veral troeteldiere teen die virus ingeënt moet word omdat hul eienaars ook besmet kan raak. Noord-Kaapse landboudepartement woordvoerder, Phemelo Manankong, sê intussen meer as twee-en-'n-half duisend honde en katte is ingeënt in die ZF Mcawu-streek.

 OFM Nuus





@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.