On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

NAMPO ALFA: SA Stamboek bied elite-toekennings aan vir vleisbeeste, kleinvee

───   ELSABÉ RICHARD 15:00 Tue, 10 Oct 2023

NAMPO ALFA: SA Stamboek bied elite-toekennings aan vir vleisbeeste, kleinvee | News Article
Foto geplaas deur Nguni-beestelersgenootskap van SA/Facebook.

“NAMPO ALFA 2023 bied natuurlik vir SA Stamboek ook ‘n geweldige belangrike geleentheid.”

SA Stamboek is opgewonde om deel te wees van vanjaar se NAMPO ALFA.

Verskeie vleisbees- en kleinveerasse, soos die Afrikaner, Nguni's en Merino, gaan deelneem aan SA Stamboek se prestasieklasse by NAMPO ALFA.

“Ons gee graag erkenning aan toptelers in Suid-Afrika van top stoetdiere, en dis eintlik om telers te erken dat hulle die regte dinge reg doen. Met ander woorde hulle teken volledig aan wat belangrik is in hulle kudde … ekonomiese belangrike eienskappe. 

"Hulle gebruik daai syfers om hulle reproduksiebestuur van hulle vroulike diere reg te doen om die regte diere te selekteer," sê SA Stamboek se Japie van der Westhuizen.

Vleisbeesrasse wat gaan deelneem sluit in:

  • Charolais
  • Afrikaner
  • SA Angus
  • Santa Gertrudis
  • Sussex
  • Short Horns
  • Nguni’s

Kleinveerasse wat gaan deelneem sluit in:

  • SA Vleismerino
  • Die Marino landskaap
  • Dohne Merino
  • Suffolk 
  • Ile de France
  • Dormer
  • Meatmaster
  • Savanna-bokke

“Ek dink [die kleinveerasse] is iets wat iemand moet bywoon om dit regtig te waardeer,” sê Van der Westhuizen.

BKB sal dan by dié skou brons-, silwer-, goud-, dubbel goud en platinum-toekennings aan die top-kuddes in die land oorhandig as erkenning en aanmoediging vir ander stoettelers van vleisbeeste en kleinvee-kuddes.

Vele ander om te sien by NAMPO ALFA:

Lust Percheron Stud/NAMPO ALFA (Facebook).

Vir hengelaars/NAMPO ALFA (Facebook).

Klik hier om jou NAMPO ALFA-kaartjies te koop.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.