On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-uur: Jongste Safex-nuus

───   08:31 Tue, 24 Oct 2023

Agri-uur: Jongste Safex-nuus | News Article
Foto deur lil artsy/Pexels.

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

  • Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het sedert Maandag met 1,9% laer verhandel.
  • Die Amerikaanse mieliemark is onder oesdruk as gevolg van 'n invloei van gestroopte mielievoorrade. 
  • Die tweede grootste Amerikaanse mielie-oes op rekord sal waarskynlik hierdie jaar gestroop word, wat sal help met aanbodkwessies in die mieliemark en verder afwaardse druk op internasionale pryse plaas.
  • Die binnelandse mieliekontrakte het Maandag met effense afwaartse tendense verhandel. 
  • Die plaaslike nabymaand witmieliekontrak vir lewering in Oktober met R5/ton (-0,12%) gedaal en teen R4 130/ton gesluit. 
  • Die plaaslike nabymaand geelmieliekontrak het vir lewering in Oktober met R24/ton (-0,61%) laer verhandel en teen R3 919/ton gesluit.

Sojabone:

  • Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrakmaand het sedert Maandag met ‘n 1% afwaartse skuif verhandel.
  • Sterk Chinese voorkeure vir Brasiliaanse sojabone, wat goedkoper en meer volop is, het veroorsaak dat Amerikaanse sojaboonkontrakte Vrydag gedaal het, met termynpryse wat met $13,2/ton gedaal het.
  • Die binnelandse sojaboonkontrakte het Maandag met skerp afwaartse tendense verhandel. 
  • Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Oktober 2023 met R89/ton (-0,95%) gedaal en teen R9 280/ton gesluit. 
  • Die Maart 2024-kontrak het met R115/ton gedaal en teen R9 295/ton.

Koring:

  • Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het sedert Maandag met 1,35% opwaarts verhandel.
  • Droogtes in Argentinië en Australië het die beskikbaarheid van koring wêreldwyd beperk en dit sal na verwagting die neiging wees tot die eerste helfte van 2024.
  • Die binnelandse koringkontrakte het Maandag met gemengde tendense verhandel. 
  • Die plaaslike koringmark het vir lewering in Oktober 2023 onveranderd verhandel en teen R6 171/ton gesluit. 
  • Die Desember 2023-kontrak het met R10/ton (+0,16%) geklim en gesluit teen R6 160/ton.

Vir meer inligting oor die huidige kommoditeits mark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.

OFM Nuus

 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.