On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: Kommer heers oor brandbestryding in Noord-Kaap

───   ELSABÉ RICHARD 13:36 Wed, 25 Oct 2023

Landbounuus: Kommer heers oor brandbestryding in Noord-Kaap  | News Article
Foto deur Vrystaat Landbou/Facebook.

“Boere wat ly ná brandskade kry te min bystand van owerhede.”

Kommer heers oor brandbestryding in die Noord-Kaap waar die owerheid nie brandpaaie in stand hou, bestrydingspogings nie gou genoeg gekoördineer kan word nie en boere gebrekkige bystand kry ná veldbrande. Die DA vra die premier moet dringend ’n multi-sektorale veldbrandtaakspan aanstel om die oorsake te ondersoek van onlangse brande by Daniëlskuil, Kuruman en  Postmasburg. Harry McGluwa, provinsiale partyleier, sê op onlangse besoeke aan boere wat ly ná brandskade was dit duidelik hulle kry te min bystand van die owerhede. 

KwaZulu-Natal is die enigste provinsie sonder bevestigde gevalle van hemorragiese haassiekte. Suid-Afrika se konynbedryf gaan nes die pluimveebedryf gebuk onder virusse wat verwoesting saai. 

Landbou-organisasies hoop die mediumtermynbegrotingsraamwerk (MTBR) sal kommersiële voedselvoorsiening bevorder. Dié MTBR, wat volgende Woensdag deur Enoch Godongwana, minister van finansies, voorgelê word, is ‘n deurslaggewende finansiële dokument wat die toewysing van hulpbronne aan verskeie sektore uiteensit en die klimaat skep vir ekonomiese groei, stabiliteit en maatskaplike ontwikkeling.

Die sagtevrugtebedryf steier onder die gevolge van onlangse oorstromings in kernproduksiegebiede in onder meer Grabouw en dele van die Klein-Karoo. Skade van produsente sowel as infrastruktuur kan tussen R400 miljoen en R500 miljoen beloop. Hortgro, wat die sagtevrugtebedryf verteenwoordig, sê voorlopige data van 26 produsente in die Grabouw-streek dui op vloedskade van R160 miljoen. Infrastruktuurskade is aangemeld op kragnetwerke, boorde en netstrukture.

EN

'n Nguni-bul is buite Bloemfontein verkoop vir 'n wêreldrekord-prys van R570 000. Dié bul, van die Nandi Nguni-stoet by Cedarville in die Oos-Kaap, is verlede week by die Sentrale Nguni Klub se 29ste veiling verkoop. Opwinding en selfs spanning het geheers toe die afslaer die bod toeslaan op Oliver Radford van Radford Nguni-stoetery naby Bloemfontein. 

OFM Nuus/Elsabé Richard-May






@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.