South Africa
Partye, organisasies ruk op teen omstrede Bela-wetsontwerp─── 11:15 Wed, 25 Oct 2023
“Openbare skole, pleks van staatskole, was een daarvan. Dit is alles onderhewig aan die grille van ’n magsbehepte maar onbekwame ANC-regering.”
Die Nasionale Vergadering (NV) stem Donderdag (26/10) oor die omstrede Bela-wetsontwerp wat verreikende gevolge vir basiese onderwys in Suid-Afrika inhou.
Saam met die poging om onteiening sonder vergoeding deur te dryf, word Bela beskryf as “’n verbreking van die skikking van 1994”. Die VF Plus sê in ’n verklaring hy was nog nooit juis “beïndruk met daardie skikking nie”.
“In stede daarvan dat kultuurgemeenskappe die reg tot selfbeskikking gekry het, is sogenaamde wigte en teenwigte, saam met sekere toegewings, gebruik om die skikking aanvaarbaar te maak,” sê dr. Wynand Boshoff, VF Plus-onderwyswoordvoerder.

Die DA is een van die partye wat sy stem blykbaar vergeefs dik gemaak het teen die sentralisering van mag oor skole se taal- en toelatingsbeleid.
“Openbare skole, pleks van staatskole, was een daarvan. Dit is alles onderhewig aan die grille van ’n magsbehepte, maar onbekwame, ANC-regering.”
Daarom neem die VF Plus om 12:00, voor die parlementsitting wat om 14:00 begin, saam met ander partye en groepe deel aan 'n protesoptrede by die hekke van die parlement waar Boshoff ook ’n spreekbeurt gaan kry.
VF Plus-ondersteuners word aangemoedig om hul teenstand teen hierdie voorgestelde wet tasbaar en duidelik te wys deur die protesaksie by te woon. Belangstellendes word gevra om reeds teen 11:30 by die standbeeld van genl. Louis Botha byeen te kom.
