Agriculture
Landbounuus: Kabeldiefstal laat miljoene rande se varsprodukte vrot─── ELSABÉ RICHARD 13:59 Wed, 29 Nov 2023

Foto deur PhotoMIX Company/Pexels.
Die mark is genoop om R32 miljoen aan 'n kragopwekker te bestee om kragverskaffing vir onder meer koelkamers te verseker wat noodsaaklik is om die produkte vars te hou.
- Wavragte varsprodukte van sowat R10 miljoen vrot op die vloer van die Johannesburgse Varsproduktemark. Die perseel is sedert Saterdag sonder elektrisiteit weens kabeldiefstal. Farmer's Weekly berig die mark is genoop om R32 miljoen aan 'n kragopwekker te bestee om kragverskaffing vir onder meer koelkamers te verseker. Dit is noodsaaklik om die produkte vars te hou.
- Intussen sê 'n ekonoom die wrede werklikheid is dat gebrekkige kragverskaffing een van die grootste uitdagings vir sakeondernemings is. Steenkoolkragstasies lewer 'n raps meer as die helfte van hul geïnstalleerde opwekkingsvermoë. Noordwes Universiteit Professor Waldo Krugell, sê Eskom sal waarskynik nie sy teiken van 60% teen Maart kan haal nie.
- Suid-Afrika worstel met ‘n ernstige tekort aan veeartse wat dit moeilik maak om dieresiektes soos bek-en-klouseer te bestry. Die Veeartsenykundige Raad bereken sowat 150 veeartse verlaat die land jaarliks. Adjunkminister van Hoër Onderwys, Buti Manamela, sê die regering het ‘n bewusmakingsprogram vir veeartsenykundige beroepsvoorligting van stapel gestuur wat gemik is op skoolkinders. Daarmee wil hulle leerlinge bewus maak van loopbane in veeartsenykunde en meer studente lok om die tekort aan te vul.
- Kommer heers oor die Konsep- Nasionale Waterwysigingswetsontwerp en die Wysigingswetsontwerp op Waterdienste wat gepubliseer is in die Staatskoerant vir openbare insette. Die voorgestlede wysigings volg op die Departement van Water en Sanitasie se vroeëre omstrede pogings om regulasies uit te vaardig. AfriForum sê die wysigings beoog om watergebruiklisensies onderworpe te maak aan raskwotas en ontspanningswatergebruikers se regte te onteien wat later teruggetrek is.
- Die grootste uitgawes wat 'n Vrystaatse landbouorganisasie aangaan om veediefstal self te bestry, is reiskoste en daaglikse betaling aan ondersoekers. Vrystaat Landbou se private ondersoeker-projek in Julie begin in die Fezile Dabi-distrik. Provinsiale sameroeper, Peet Swanepoel, sê hulle het sedertdien groot sukses behaal.
OFM Nuus/Elsabé Richard-May Daphné