Agriculture
Lewendehawepryse flou in ‘beste week van die jaar’─── 08:21 Thu, 14 Dec 2023
Lewendehawepryse is steeds onder druk - dít in ’n tyd wat tradisioneel die beste vir produsente is.
Chris Derksen, wat weekliks verslag lewer oor vleispryse in die Noord-Vrystaat, meen indien verbruikers slim koop en in groter volumes, kan hulle voordeel trek.
Vleispryse vir 13 Desember 2023:
Bees / Cattle
•Speenkalwers < 200kg | Weaners < 200kg R/kg 38,00
•Speenkalwers 200-250kg | Weaners 200-250kg R/kg 35,00
•Speenkalwers > 250kg | Weaners > 250kg R/kg 34,22
•A klas | A grade R/kg 29,85
•B klas | B grade R/kg Geen|None
•C klas vetkoeie | C grade fat cow R/kg 24,56
•C klas maerkoeie | C grade thin cow R/kg 19,48
•Slagbulle | Slaughter bulls R/kg 26,48
Skaap / Sheep
•Stoorlammers | Feeder lambs R/kg 36,12
•Slaglammers | Slaughter lambs R/kg 38,12
•Stoorskape | Lean ewes R/kg 28,26
•Vetskape | Fat sheep R/kg 31,25
Bokke / Goats
•Lammers | Kids R/kg 48,40
•Bokooi | Ewes R/kg 40,10
Alle pryse sluit BTW uit en is per kg, lewendige gewig (Noord-Vrystaat).
Intussen sê Amtrends se Johnny van der Merwe ook dit blyk nie of daar enige opwaartse beweging in die prys van stoorlammers in Januarie sal wees nie. Hy verwag egter dat speenkalfpryse steeds kan verbeter in Januarie.
“Hoendervleispryse styg weer, gedryf deur beter vraag asook hoër invoerpryse weens die swakker Rand.”
Die prys van gevriesde hoendervleis styg na R38,49, die varsprys styg na R38,79. Die IQF-prys is ook hoër op R34,31. “Afgesien van die wisselkoers en invoerprysbewegings sien ons nie veel verdere opwaartse bewegings in pryse oor die korttermyn nie.”
Van der Merwe sê verder varkpryse is geweldig onder druk en het ook die afgelope week gedaal met spekvarkpryse op R35,50, vleisvarkpryse op R35,90 en worsvarkpryse op R26,97 per kilogram.
“Hierdie prysvlakke kan moontlik nog gehandhaaf word tot en met die einde van die jaar maar ons verwag laer pryse aan die begin van 2024.”
OFM Agri cg
