On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Agriculture

Produksieskatting vir koring effens minder

───   06:20 Wed, 31 Jan 2024

Produksieskatting vir koring effens minder | News Article
Foto: Getty Images

Die produksieskatting vir koring is 2,90% minder op 2,089 miljoen ton as die vorige skatting van 2,152 miljoen ton.

Die Oesskattingskomitee beraam die beplante oppervlakte op 537 950 hektaar, terwyl die verwagte opbrengs 3,88 ton per hektaar beloop. 

Die vewagte produksie vir die Wes-Kaap is 1,095 miljoen ton (52%), 300 000 ton (14%) in die Noord-Kaap en 295 200 ton (14%) in die Vrystaat. 

Die verwagte kanola-oes is onveranderd gelaat op 237 450 ton. Die finale produksieskatting vir wintergewasse sal op 28 Februarie vrygestel word.

Intussen laat weet ’n landbou-ekonoom verbonde aan die Noordwes-Universiteit dat verlede week se styging vir mieliepryse gedryf was deur bekommernisse oor die swak rand, Brasilië se moontlike later aanplantings, en hoër koringpryse. 

Johnny van der Merwe sê die plaaslike mark begin ook al hoe meer risiko ervaar weens reënval.

“In Noord-Amerika verwag hulle ook nie die beste weer vir hierdie seisoen nie maar dis nog baie vroeg om te sê en ek dink hulle voorseisoen reënval gaan nogal ’n beduidende faktor wees.”

Die verwagte prysbewegings en aanplantings vir die seisoen sal bepaal word deur die plaaslike en Brasiliaanse weersomstandighede. Tans blyk dit dat die weer ’n bepalende faktor gaan wees vir mielies, terwyl daar ’n laer risiko vir sojabone is, wat lei tot ’n sterker afwaartse druk op pryse.

Kry die jongste kommoditeitspryse hier.

OFM Agri


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.