Agriculture
Bek-en-klouseer in Vrystaat bevestig─── 15:11 Mon, 14 Jul 2025

Die departement van landbou het ’n nuwe uitbreking van bek-en-klouseer (BKV) in die Vrystaat bevestig.
Die uitbreking is Donderdag (10/7) op ’n kommersiële plaas in die Moqhaka-munisipaliteit in die Kroonstad-staatsveeartsenygebied bevestig. Die betrokke eiendom is reeds verlede Dinsdag (8/7) onder kwarantyn geplaas en beheermaatreëls is onmiddellik geïmplementeer.
“Dit sluit monitering, inentings en nasporing in om die oorsprong van die infeksie vas te stel. Plase binne ’n 10 km-radius word ook deurlopend gemonitor vir moontlike verspreiding,” lui ’n verklaring van die departement.
Volgens die departement was daar sedert begin vandeesmaand altesaam 270 bevestigde BKS-uitbrekings in vyf provinsies, waarvan slegs 21 reeds opgeklaar het. KwaZulu-Natal is die ergste geraak met 191 gevalle – 172 is steeds aktief. Die Oos-Kaap het 40 uitbrekings aangemeld, Gauteng 32 sedert Mei, Noordwes vier en Mpumalanga drie.
Intussen is ’n fout in kennisgewing 6396 in die Staatskoerant van 4 Julie reggestel, waarin sekere gebiede wat steeds onder die Siektebestuursgebied (SBG) in KwaZulu-Natal val, per abuis uitgelaat is.
OFM Agri cg