Offbeat
Weird Wide Web: Tegno-speelgoed om na uit te sien in 2023─── 15:18 Thu, 19 Jan 2023
Elke nuwe jaar is daar nuwe tegnologiese speelgoed (gadgets) om ons belangstelling te prikkel. Soms help hierdie tegnologie die mensdom, soms is dit net vreemd. Hier is 'n paar nuwe speelgoed om na uit te sien in 2023.
BMW se kleurveranderende motor
Ons het al voorheen kleurveranderende motors gesien - maar nog nie een soos die Duitse motor vervaardiger se nuwe konsepmotor, die i Vision Dee nie.
Anders as die iX Flow-konsepmotor wat tydens verlede jaar se elektroniese verbruikerskou (Consumer Electronics Show - CES) vertoon is, wat tussen swart, wit en skakerings van grys kan verwissel, het die i Vision Dee altesame 32 kleure in verskillende patrone danksy 'n stel 240 E Ink-skerms wat die buitekant bedek.
Tot dusver het geen van BMW se kleurveranderende motors, wat met die hulp van die digitale papiervervaardiger E Ink geskep is, al tot produksiestatus gevorder nie. Die nuutste model is ontwerp om BMW se visie van 'n toegevoegde werklikheid (augmented reality)-stelsel en 'n kunsmatige intelligensie-assistent genaamd Dee ten toon te stel - twee dinge wat nie binnekort op openbare paaie sal wees nie.
Maar dit is steeds lekker om te sien dat die tegnologie darem naby kom. Uh, nader.

Withings U-Scan-urine-analise
Whithings, die Franse vervaardiger van fiksheidstoestelle, dink jy spoel waardevolle gesondheidsdata in die toilet weg. Met sy U-Scan-toestel word jou urine geanaliseer en kry jy daagliks inligting vanaf jou toilet, via Wi-Fi, oor veranderinge in jou ketone en hormone.

Kohler se aromaterapie-stortpeule
Kohler het 'n aromaterapiestelsel ontwerp om jou dag reg te begin. Die Sprig-stortstelsel pas aan jou bestaande stortkop en laat reuke soos laventel en vanilla vry.
Lees ook: Weird Wide Web: Roep jou man en wen ‘n prys
Blok slim snyplank
Die Blok-snyplank het 'n ingeboude, verwyderbare skerm waarop jy jou aanlyn kookklasse kan volg terwyl jy jou groente in stukkies kap. Mooi, nuttig en duur.

Kry meer van hierdie bisarre en vreemde gadgets deur hier te klik.
