On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web: Dié woorde wil mense nie meer hoor nie

───   15:09 Tue, 24 Jan 2023

Weird Wide Web: Dié woorde wil mense nie meer hoor nie | News Article

Ons ken almal woorde wat ons wens ander mense wil ophou gebruik, reg? Wel, hier is 'n lys van uitgetrapte woorde en frases wat gerus in 2023 verban kan word.

As jy sosiale media tydens die Fifa-wêreldbeker in 2022 dopgehou het, het jy dalk gereeld die term "GOAT" sien opduik wanneer daar oor spelers soos Lionel Messi of Cristiano Ronaldo gepraat is. 

GOAT is die afkorting vir "Greatest Of All Time", maar terwyl sommige mense gesels het oor watter speler die titel verdien, het ander moeg geraak vir die term. 

Soveel só, dat dit boaan 2023 se lys van verbande woorde geplaas is. .

Volgens die Engelse aanlyn taalles-platform Engoo.com bevat die lys, opgestel deur die Lake Superior-Universiteit in die VSA, 10 woorde of frases wat mense voel nie meer in 2023 gebruik moet word nie want hulle het dit genoeg gehoor. 

Ook op die lys is die term "stille staking," wat gebruik word om te beskryf hoe werknemers net-net genoeg werk doen om hul werk te behou. Maar diegene wat dit gekies het, sê dit beteken eintlik dat werknemers nie meer toelaat dat hul werkgewers hul met werk toegooi nie. 

Die lys word sedert 1976 jaarliks vrygestel en is vanjaar op meer as 1500 nominasies gegrond. 

Ander woorde en frases op die lys is "amazing", "absolutely" en "It is what it is". Lees meer hier.

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.