On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web Dorp bestaan uit net een straat

───   15:15 Tue, 25 Apr 2023

Weird Wide Web Dorp bestaan uit net een straat | News Article
Voorgestelde beeldkrediet: ladbible.com

As mens sê "straat af", dink jy "wel dis naby" en jy gaan selfs so ver as om te besluit om net "straat af" te loop. In hierdie dorp is alles nie noodwendig naby nie, of is dit?

Volgens ladbible.com is daar ’n dorp in Europa waar al 6 000 inwoners in dieselfde straat bly. En almal is gelukkig. Suloszowa, wat 'klein Toskane' beteken,  is 29 km noordwes van Kraków in Pole en alles gebeur in dié straat van net 9 km lank.

Volgens CSO Pole was daar vanaf 2017 'n bevolking van 5 819, wat almal in harmonie langs mekaar woon met lang stroke grond vir tuine.

Nadat 'n lugfoto van die dorp vroeër vandeesmaand op Twitter geplaas is, het van die inwoners begin vertel hoe dit voel om daar te bly.

Lees ook: Weird Wide Web -Brittanje bederf almal se Sondagmiddagslapie

“Ek sal hierdie dorp vir niks anders verruil nie. Dit het sy eie sjarme en ätmosfeer," sê ’n inwoner.
“Die hele plek lyk dieselfde. Daar is 'n huis en dan 'n stuk veld, vandaar die mooi van die foto's. Die een het graan, die ander het raapsaad, en die derde het iets anders. Die kleure lyk pragtig van bo,” sê ’n ander inwoner.


Nog beeldmateriaal is op Reddit geplaas, waar iemand gevra het of elke eiendom sy eie stuk grond agter hul huis het.

Iemand het geantwoord: "Ek het dit net vir my Poolse vriend gewys en hy het ja gesê!"

“Elke huis het daardie stuk grond om alles op te doen, vandaar verskillende kleure en hulle gebruik die grond vir verskillende doeleindes. Sommige kweek gewasse daarop, ander het diere, sommige los dit net so.

“Ek het gesê ek glo hom nie, maar hy sê dit is waar.”

Lees meer heir: Bizarre town where all 6,000 residents live on same street (ladbible.com)

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.