On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web - Switserse radiostasie kry ‘blik-aanbieders’ vir een dag

───   15:11 Thu, 18 May 2023

Weird Wide Web - Switserse radiostasie kry ‘blik-aanbieders’ vir een dag | News Article
Uitgestalte beeldkrediet: www.healthcareittoday.com

Kunsmatige intelligensie het 'n Switserse openbare radiostasie op 27 April oorgeneem. Maar anders as in die Terminator-films, het die KI beheer prysgegee ná die eendag-eksperiment.

engoo.com, berig op 27 April vanaf 06:00 tot 19:00 het kunsmatige intelligensie (KI) die radiostasie Couleur 3 se programme beheer. Vyf regte aanbieders van die Franstalige stasie se stemme is gekopieer en nuwe musiek is gespeel wat byna heeltemal deur rekenaars geskep is.


Elke 20 minute het ’n aankondiging, wat ook deur KI geskryf is, luisteraars daaraan herinner dat dit nie hul gewone aanbieders se regte stemme is nie

Die bekendstelling van ChatGPT en ander KI-instrumente het tot opgewondenheid gelei, asook vrees en bekommernis oor wat die ekonomiese, kulturele, maatskaplike en selfs politieke gevolge sal wees.

Lees ook: Weird Wide Web - Vrou oorleef vyf dae op wyn

Die Switserse radiostasie het besluit om die tegnologie te gebruik om dit beter te verstaan. Antoine Multone, die stasie se uitvoerende hoof, sê die eksperiment is eerder om te verstaan hoe om saam met KI te lewe.

Stasiebestuurders sê dit het drie maande geneem om die KI op te lei om die behoeftes van die stasie te verstaan.


Die digitale aanbieders het selfs hul eie nuus geskep wat dalk in die jaar 2070 gelees kan word – ’n tydelike verbod op ruimteskipvlugte oor Genève weens te veel klagtes oor geraas en die opening van die eerste onderwaterrestaurant in die Zürichmeer.


Kort nadat die KI-eksperiment begin het, het die stasie honderde boodskappe ontvang. Een luisteraar het gekla oor die KI-aanbieders se vervelige grappies en ’n ander een het die projek ’n mors van tyd genoem.

Multone sê 90% van die boodskappe wat die stasie gekry het, het gesê dit is gaaf, maar die menslike element ontbreek.


’n Ander boodskap was: “Gee ons ons mense terug!’ Die volgende dag het regte mense die eksperiment op die stasie bespreek.
.

Lees meer hier:  https://engoo.com/app/daily-news/article/ai-takes-over-swiss-radio-station-for-a-day/sCKpJug6Ee2npruttMapTg



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.