On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web - Dié plant is nie ’n 'netelige' situasie

───   15:18 Tue, 11 Jul 2023

Weird Wide Web - Dié plant is nie ’n 'netelige' situasie  | News Article
Die gympie-gympie, is 'n plant in die brandnetelfamilie Urticaceae en het na bewering die pynlikste angel! Uitstalbeeldkrediet: ladbible.com

Man beskryf sy ervaring met brandnetel en die pyn wat maande duur.

Die Gympie-Gympie wat deel is van die brandnetel Urticaceae kom hoofsaaklik in die reënwoude van Australië en Indonesië voor. Dit is egter onlangs in Brittanje gevind. Besoekers aan die Alnwick Garden in Northumberland word gewaarsku om nie aan die plant te raak nie omdat dit hul dood kan veroorsaak.

Die plant se klein haaragtige naalde stuur ’n brandende sensasie deur jou lyf en die pyn vererger binne ‘n halfuur wat dan vir weke of maande duur. Dit is glo die eerste keer in 1866 gedokumenteer nadat ’n perd daarmee in aanraking was en binne twee uur gevrek het.


Daar was selfs bewerings van selfmoord nadat ’n soldaat homself in 1994 geskiet het nadat hy die plant as toiletpapier gebruik het. Navorsers sê dit is onwaar want net een persoon is in 1922 in Nieu-Guinee dood toe hy aan die plant geraak het.

Lees ook: What's on the menu - Croissant Bak

Kyk, jy wil nie aan dié plant se verkeerde kant wees nie. Sommige mense sê as jy daaraan raak, voel dit asof suur jou brand en jy terselfdertyd geëlektrifiseer word. Natuurlik het ’n YouTuber besluit om uit te vind hoe dit voel.


In ’n video deur The Backyard Scientist het dié inhoudskepper saam met een van sy vriende, die plant vir ’n halwe sekonde aangeraak. Hy beskryf dit as ’n bysteek of wanneer jy handreiniger op ’n oop wond gooi.

O, maar die pyn! Hulle het verskeie metodes probeer om die pyn te verlig van ’n verdunde soutsuuroplossing tot water maar niks het gehelp nie. En, hulle het begin gil van die pyn.

Lees ook: Weird Wide Web - Al wat ons nodig het is positiwiteit

Hulle gee dit 8 uit 10 wat pyn betref. Dit het die volgende dag begin bedaar, maar vir twee maande het hulle elke dag pyn gehad. Die les is eenvoudig, moenie aan die plant raak nie!

Lees meer heir:  https://www.ladbible.com/news/gympie-gympie-plant-world-most-painful-687238-20230709


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.