On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web - Magies vol, ogies toe!

───   15:11 Mon, 31 Jul 2023

Weird Wide Web - Magies vol, ogies toe! | News Article
Uitgestalte beeldkrediet: prevention.com

'n Restaurant in Jordanië se klante kan 'n middagslapie neem nadat hulle die nasionale gereg Mansaf geëet het

Kyk, dit gebeur nie sommer elke dag dat jy so ’n geleentheid kry nie. Arab News berig die restaurant Moab in Amman, hoofstad van Jordanië, se klante kan heerlik in sagte beddens in kamers met lugversorging slaap. Mansaf is glo bekend dat dit jou slaap kan verbeter. Die tradisionele lamsgereg met ’n joghurtsous word saam met rys bedien. “Die idee om beddens in die restaurant te sit het begin as ’n grap omdat die gereg baie vet bevat en dit klante slaperig gemaak het, sê Musab Mubeideen, die restauranteienaar se seun.

Lees ook: Feel Good Friday - Dans jou probleme weg!

Die beddens is in ’n aparte deel van die restaurant. Now this News het ’n video van die restaurant op Twitter geplaas. In die video sê Mohammad al-Ouqdah dit is ’n baie swaar maaltyd en as dit jou nie moeg maak nie is die mansaf verkeerd voorberei. 


Meer as 65 000 mense het al na die video gekyk. 

Lees meer:  https://news.abplive.com/offbeat/this-restaurant-allows-customers-to-nap-in-air-conditioned-rooms-after-eating-a-meal-1617695


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.