On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web - Wat sou gebeur as jy 'n naald uit die buitenste ruimte laat val?

───   15:07 Mon, 18 Sep 2023

Weird Wide Web - Wat sou gebeur as jy 'n naald uit die buitenste ruimte laat val? | News Article
Uitgestalte beeldkrediet: unilad.com

’n Apokaliptiese video wys wat kan gebeur as die aarde deur ’n voorwerp vanuit die buitenste ruimte getref word.

Die voorwerp is nie heeltemal wat jy dalk verwag nie. Dit is nie ’n groot asteroïd, komeet of meteoor nie.  Nee, dit is ’n gewone naald waarmee jy knope aan ’n kledingstuk vaswerk. Dit klink lagwekkend, maar wat as die naald teen die spoed van lig beweeg?

Die aarde sal seker nog oukei wees? ’n Naald kan mos nie groot skade aanrig nie. ’n Video van Ridddle op YouTube sê daar is goeie en slegte nuus.

Lees ook: Feel Good Friday - 2 000 witrenosters binne dekade hervestig

Die ergste wat kan gebeur is dat die naald se energie ’n apokaliptiese gebeurtenis op die aarde veroorsaak. Dit kan ’n groot gat in die aardkors veroorsaak wat beteken dat die lewe soos ons dit ken nie meer sal bestaan nie vanweë die ongelooflike hitte wat deur die impak veroorsaak sal word. 


Maar wag, dit word erger. Dit kan selfs wees dat die energie wat vrygestel word so groot is dat die aarde disintegreer. Dit kan so vinnig gebeur dat niemand eers daarvan bewus sou wees nie.

Wat is die ander opsie?


Die energie sal nie betyds vrygestel word nie omdat die naald skerp is en so vinnig beweeg dat dit geen invloed op die aarde sal hê nie. In die geval sal die naald by die aardkors ingaan en weer uitgaan. Weer eens kan dit so vinnig gebeur dat niemand bewus is daarvan nie. Hmmm behalwe as jy dalk op die plek is waar die naald uit die aardkors kom.  
Dit is net teoreties maar dit wys hoe baie energie iets het wat teen die spoed van lig beweeg – al is dit so klein soos ’n naald.

Lees meer

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.