Offbeat
Weird Wide Web – Lekker ete met die beste atmosfeer─── 15:11 Mon, 20 May 2024

“Organiseerders sê die reis, wat $495 000 per kaartjie kos, sal ses uur duur en dat hulle steeds in gesprek is met potensiële deelnemers.”
’n Sjef met ’n Michelin-ster het saamgespan met die Florida-gebaseerde maatskappy Space Perspective om aan die einde van 2025 heerlike kos na ons boonste atmosfeer te neem.
Ses gaste gaan aan boord van Spaceship Neptune reis en ’n maaltyd geniet wat deur die Deense Michelin-ster-sjef Rasmus Munk bedien gaan word. Munk (33) sal saam met die gaste reis en self die ete bedien, vanuit ’n klein kombuisie. Hy sê sy spyskaart sal deur die impak van ruimte-innovasie geïnspireer word.
“Ons wil stories deur die kos vertel,” sê Munk. “Ons ... wil praat en sommige van die navorsing beklemtoon wat deur die afgelope 60 jaar gedoen is.”
“Ek dink dit sal ’n selfs sterker impak maak wanneer jy daar bo is en afkyk,” het Munk bygevoeg.
Ruimteskip Neptunus is meer ’n ballon as 'n vuurpyl. Die maatskappy sê sy drukkapsule, wat aan 'n ballon geheg is, sal tot ongeveer 30 480 meter bo seespieël styg waar gaste sal eet terwyl hulle kyk hoe die son oor die Aarde opkom.
Organiseerders sê die reis, wat $495 000 per kaartjie kos, sal ses uur duur en dat hulle steeds in gesprek is met potensiële deelnemers.
Die vlug sal tegnies nie “ruimte” bereik nie. Ruimteskip Neptunus sal tot ongeveer 30 kilometer styg, terwyl die grens tussen die aarde se atmosfeer en die buitenste ruimte sowat 100 kilometer van die aarde af is.
Munk se spyskaart sal na verwagting baie verskil van maaltye wat deur voormalige en huidige ruimtevaarders geëet word.
Die eerste man in die ruimte, Yuri Gagarin, het beesvleis en lewerpasta uit ’n aluminiumbuis in sy mond gedruk.
Om gewig te bespaar, eet ruimtevaarders op die Internasionale Ruimtestasie gewoonlik geregte, verpak in houers wat gehidreer kan word, insluitend sop en kasserolgeregte.
Lees ook: Dieretuin verf honde om na pandas te lyk
Al is Munk geheimsinnig oor sy spyskaart, sê hy hy beplan om gloeiende sterre wat met jellievisproteïene gemaak is, in te sluit.
“Ons werk ook aan ’n eetbare stuk ruimterommel van ’n satelliet,” het hy gesê.
Munk’s Alchemist-restaurant in Kopenhagen, die Deense hoofstad, het sedert 2020 twee Michelin-sterre verwerf, en is verlede jaar as die vyfde beste restaurant ter wêreld aangewys.
Lees meer mvh