On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Ashmund
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Chinese ‘slim’ toiletpapierdispensers

───   06:00 Wed, 17 Sep 2025

Weird Wide Web – Chinese ‘slim’ toiletpapierdispensers | News Article
Foto: odditycentral

Het jy al ooit gedink tegnologie kan dalk ’n bietjie té ver gaan?

Vergeet van betaal-per-kyk – China het nou “kyk-per-vee” bekend gestel. Virale video’s wys ‘slim-toiletpapierdispensers’ wat eers ’n velletjie papier vrystel nadat jy ’n kort advertensie gekyk het.

Die stelsel is eenvoudig: skandeer ’n QR-kode met jou foon, sit deur ’n advertensie, en kry jou beloning – ’n enkele velletjie toiletpapier.

As jy nie kans sien vir die advertensie nie, kan jy ook 0,5 joean (ongeveer R1,30) per velletjie betaal.

Betaal-per-vee-tegnologie. Foto: odditycentral

Dit is nie die eerste keer dat China badkamertegnologie toets nie. In 2017 is gesigsherkenningskandeerders probeer wat elke nege minute net 60 cm papier uitgedeel het. 

Twee jaar later het KI-aangedrewe dispensers gebruikers beperk tot een velletjie elke 10 minute. Nou, in 2025, noem mense dit sommer die “toiletpapier-bioskoopervaring”.

Die innovasie sorg natuurlik vir ’n paar praktiese vrae, byvoorbeeld wat gebeur as jou foon pap is, óf jy dit by die huis vergeet het? Een ding is egter seker: in China word selfs badkamerbreke digitaal gereguleer.

Lees meer

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.