On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Dinge wat jy nooit sien in jou drome

───   15:16 Thu, 27 Nov 2025

Weird Wide Web – Dinge wat jy nooit sien in jou drome  | News Article
Foto: rawpixel.com

Het jy geweet daar is dinge wat jy nooit duidelik in jou drome sal sien nie?

Ons bestee daagliks ure op ons selfone, maar wanneer ons slaap wil ons brein skynbaar niks daarvan weet nie. Droomnavorsers by die Harvard-universiteit het ’n studie daaroor gedoen.

Selfone, leesbare woorde, nommers, reuke of smake, en ’n realistiese weergawe van jouself in ’n spieël is glo nie droommateriaal nie. 

’n Ontleding van 16 000 droomverslae toon selfone kom net in 3,55% van vroue se drome en 2,69% van mans s’n voor. Mense droom meer van motors, storms en slange – dinge wat gewoonlik met gevaar geassosieer word.

Dit ondersteun die hiptotese wat beweer jou drome is soos ’n ingeboude oorlewingsimulator waar jou brein oefen hoe jy op gevaar sou reageer.

“Ons breine prioritiseer in drome steeds wat vir 95% van menslike evolusie belangrik was,” sê dr. Deirdre Barrett, skrywer van The Committee of Sleep.

Dit is nie net tegnologie wat verdwyn wanneer ons slaap nie. Woorde as jy lees flikker of verander in algehele onsin. 

Dit is omdat die deel van jou brein verantwoordelik vir taalverwerking tydens REM-slaap afskakel. Dr. Benjamin Baird, neurosielkundige, sê fyn besonderhede is onstabiel en verander wanneer jy weer kyk. 


Lees ook: Weird Wide Web – DIY-held wek krag uit rommel

En jou spieëlbeeld? Jy lyk nooit soos jouself nie en jou gesig kan ouer lyk, beseer of selfs ’n ander persoon wees. Wetenskaplikes meen al hierdie vreemdhede gebeur omdat jou brein die toneel self skep sonder werklike sensoriese insette.

Jou drome is uitstekende emosionele oefenkamers wat ons help om emosies te verwerk, maar kan nie die moderne wêreld namaak nie.

Lees meer dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.