Offbeat
Weird Wide Web: Slaggat ‘red’ skynbaar vrou in Indië─── 15:15 Mon, 30 Mar 2026
’n Slaggat het skynbaar die lewe van ’n vrou in Indië gered nadat sy breindood verklaar is.
Vineeta Shukla is hospitaal toe geneem nadat sy flou geword het terwyl sy tuis huiswerk gedoen het. Haar toestand was so ernstig dat sy na ’n beter toegeruste hospitaal oorgeplaas is, waar dokters verskeie toetse gedoen het en haar eindelik breindood verklaar het.
Hulle het haar man meegedeel dat daar geen kans op herstel is nie. Haar brein het geen reaksie getoon nie, en haar bewussynsvlak was uiters laag.
Die familie het besluit om haar huis toe te neem en het begin voorberei vir haar begrafnis. Maar toe gebeur iets heeltemal onverwags. Terwyl sy in ’n ambulans vervoer is, het die voertuig ’n groot slaggat getref. Die slag het haar moontlik geskok sodat sy haar bewussyn herwin het. Net ná daardie stamp, het Vineeta weer normaal begin asemhaal.
Lees ook: Weird Wide Web – Chinese kleuter spog met bestuursvernuf
Sy is teruggeneem hospitaal toe geneem waar dokters verstom was. Sedertdien is sy huis toe en het haar toestand verbeter. Sy is nou wakker en praat met haar familie, slegs dae nadat hulle voorberei het om totsiens te sê. Baie mense noem dit ’n wonderwerk, en party grap selfs dat die slaggat haar “lewendig geskud het”.
Lees ook: Feel Good Friday: Ouderdom is net ’n nommer vir hierdie krieket-oumas
Maar kenners waarsku dat dit ’n uiters skaars een-in-’n-miljoen-gebeurtenis is – en dat dit nie die werklike gevare van swak padtoestande moet oorskadu nie. Trouens, duisende mense het al hul lewens verloor weens slaggatverwante ongelukke. Maar vir een familie het een onverwagse hobbel in die pad ’n tweede kans op lewe gebring.
Lees meer sm
• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Skakel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

