On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web - China toets ‘dakreën’

───   15:13 Mon, 06 Jul 2026

Weird Wide Web - China toets ‘dakreën’ | News Article

Terwyl temperature wêreldwyd aanhou styg, toets China ’n unieke manier om sy stede af te koel.

In plaas daarvan om net op lugversorging staat te maak, is verskeie woonstelgeboue in die stad Yuncheng toegerus met spesiale misstelsels op hul dakke. Die stelsel spuit ’n baie fyn watermis in die warm lug. 

Die klein waterdruppels verdamp byna onmiddellik, en tydens dié proses word hitte uit die lug geabsorbeer. Dit kan die temperatuur rondom die gebou met tot 8°C laat daal.

Die beginsel werk op dieselfde manier as hoe sweet ons liggame afkoel. Hoewel die stelsel die bynaam dakreën gekry het, word mense op straat glad nie nat nie. Die waterdruppels is só fyn dat dit verdamp voordat dit die grond bereik. Dakmis sou waarskynlik ’n beter naam gewees het.

Lees ook: Kragtige nuwe teaterwerk sal Vrystaatse feesgangers laat nadink

Video’s van die verkoelingstelsel het vinnig op sosiale media versprei, met baie mense wat wonder waarom meer lande dit nie gebruik nie, veral noudat Europa en Noord-Amerika onder erge hittegolwe gebuk gaan. Kenners sê daar is egter nog baie vrae wat beantwoord moet word.


Niemand weet byvoorbeeld presies hoeveel water die stelsel op groot skaal gebruik nie, of die spuitpunte mettertyd verstop, en hoeveel dit die temperatuur binne die geboue self laat daal nie. Tog is soortgelyke stelsels reeds in verskeie Chinese stede geïnstalleer, wat daarop dui dat daar beslis potensiaal in die idee is.

Of dakmis die volgende groot deurbraak in stedelike verkoeling gaan wees, sal net tyd leer – maar dit is beslis een van die mees kreatiewe maniere waarop mense probeer om die hitte te klop.

Lees meer sm

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.