On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Podcasts

Landbounuus-podcast: DAFF wil 'n hersieningsaansoek bring teen die Openbare Beskermer

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:25 Mon, 20 May 2019

Landbounuus-podcast: DAFF wil 'n hersieningsaansoek bring teen die Openbare Beskermer | News Article

Die Departement van Landbou Bosbou en Visserye (DAFF) het reeds regsadvies verkry en wil nou 'n hersieningsaansoek bring teen die openbare beskermer (OB), Busisiwe Mkhwebane se bevindinge in haar verslag oor wanadministrasie deur die departement.


Die saak handel oor die departement se hantering van 'n brucellose-uitbreking in die Vrystaat. Die departement se Zweli Silangwe sê hoewel die departement die grondwetlike rol van die kantoor van die OB respekteer, is daar sekere bevindinge en aanbevelings waarmee hulle nie tevrede is nie.  OFM-nuus het vroeër berig die verslag toon die Vrystaatse Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling het nie die beheermaatreëls vir die verspreiding van die siekte, soos wetlik vereis word nie, ingestel nie. Volgens die verslag het, die klaer Ronél Behrens, 'n melboer van Ventersburg, geldelike verlies en ongerief gelei. Mkhwebane het dié verslag agt jaar nadat Behrens 'n klag aanhangig gemaak het oor DAFF se versuim om aan haar 'n verslag te verskaf oor sy ondersoek oor die doeltreffendheid van die entstof RB51, wat op haar beeste gebruik word.  


Vooruitsigte dui daarop dat dit 'n goeie produksieseisoen vir wintergewasse in Suid-Afrika gaan wees. 'n Landbou-ekonoom en hoof van navorsing by die Landbou Besigheidskamer, oftewel Agbiz,  Wandile Sihlobo, sê in sy weeklikse markvooruitsigte dié gebiede is hoofsaaklik onder besproeiing en damvlakke is gemiddeld meer as 60% vol. Dit is goeie nuus vir boere wat in die komende wintermaande in dié gebiede met aanplantings begin.


EN


Daarmee saam sê Jannie de Villiers, uitvoerende hoof van Graan SA verskeie boere in die Vrystaat en dele van Noordwes beoog om dié seisoen koring aan te plant. Hy sê veral in die noordwestelike Vrystaat het graanboere nie voorheen dié wintergewas aangeplant nie, maar hulle beweeg weer terug na koringaanplantings. Een van die redes daarvoor is boere se landerye in dié gebied leeg gelê het omdat hulle nie mielies daarop kon plant weens droogtetoestande nie. Hy sê boere het nou ook dringend kontantvloei nodig. Daarmee saam is grondvog goed weens laat reëns verlede maand Die aanplantings sal nie 'n groot uitwerking op die prys van koring hê nie, want meer as 50% van Suid-Afrika se koring word ingevoer. Meer as 35 jaar gelede is 'n miljoen hektaar koring in die Vrystaat geplant, maar dit het intussen tot meer as 100 000 hektaar afgeneem.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.