On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Podcasts

Landbounuus-podcast: Agri NK vol verwagting voor staatsrede

───   ELSABÉ RICHARD 10:44 Wed, 09 Feb 2022

Landbounuus-podcast: Agri NK vol verwagting voor staatsrede | News Article
FOTO: ANA

In afwagting op die staatsrede wat deur president Cyril Ramaphosa op Donderdag 10 Februarie gelewer sal word, sê Agri Noord-Kaap hy hoop om te hoor hoe die nasionale regering beplan om boere by te staan om te help met die groei van die landbousektor.

Volgens Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, sal die organisasie graag meer optrede en minder praatjies van die regering wil sien. Hy sê hy sien ook uit daarna om te hoor wat die regering se beplande ingrypings is ná die onlangse reën wat groot skade in sentraal Suid-Afrika aangerig het. Jansen het ook ander kwessies uitgelig wat die landboubedryf die afgelope jaar lamgelê het.

Die Departement van Indiensneming en Arbeid se aankondiging dat die Nasionale Minimumloon met 6,9% verhoog gaan word, het kommer in die landboubedryf gewek. Die minimumloon word van die begin van volgende maand af van R21,69 tot R23,19 verhoog. Kenners in die landboubedryf sê hulle is bekommerd oor die vermoë van baie boere om die lone te bekostig en hoe dit werkskepping gaan beïnvloed. Boere moes reeds insetkoste absorbeer, wat wissel van kunsmis, brandstofpryse, elektrisiteitsprysstygings en die dubbelsyferverhoging van die minimumloon in 2021. (Mia-Leigh Cloete)

EN

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen toestande wat kan lei tot die ontstaan van wegholveldbrande in die Noord-Kaapse Kareeberg munisipale gebied. Die weerdiens vra dat inwoners versigtig moet wees met die maak van vure, en selfs die hitte ten alle tye moet vermy. Hierdie aankondiging volg nadat dele van sentraal Suid-Afrika verlede jaar onder wegholveldbrande gebuk gegaan het, wat duisende hektaar weiveld in die Noordwes, Vrystaat en Noord-Kaap verwoes het. (Roderick Titus)



OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.