On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Podcasts

Landbounuus-podcast: Positiewe vooruitsigte vir Suid-Afrikaanse ekonomie in die komende jaar

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:08 Tue, 21 May 2019

Landbounuus-podcast: Positiewe vooruitsigte vir Suid-Afrikaanse ekonomie in die komende jaar | News Article

Daar is positiewe vooruitsigte vir die Suid-Afrikaanse ekonomie in die komende jaar, met rentekoerse wat na verwagting nie gaan styg nie.


Wessel Lemmer 'n senior landbouekonoom van Absa-Agribesigheid verwag dat die prima uitleenkoers op dieselfde vlakke gaan bly omdat onder meer daar nie die Nasionale Verkiesing weer vertroue in die mark gekom het. Hy sê die vooruitsigte vir inflasie is 4,5% en dit is presies waar die Reserwebank se teiken is om rentekoerse mee te bestuur en inflasie in beheer te hou.  Hy sê op 'n negatiewe noot het die handelsoorlog tussen Amerika en China wel 'n impak op die prys van sekere grane. Hy sê Suid-Afrika is egter 'n netto invoerder van oliekoek, wat die land se soyaboonprys ondersteun, maar wanner Suid-Afrika soms 'n netto uitvoerder van mielies is moet produsente dan daarteen waak om te veel mielies te plant.  

Die fokus gaan in die komende twee weke op mielieaanplantings in Amerika wees. Boere in graanproduserende gebiede in dié land het laat met hul mielieaanplantings, weens nat toestande en oorstromings, begin.  Luan van der Walt, 'n landbouekonoom van Graan SA, sê die feit dat produsente in dié gebiede slegs 30% van hul aanplantings voltooi het kan 'n invloed op Amerika se mielieproduksie hê. Hy sê in Suid-Amerika was produksietoestande egter baie goed in Brasilië en Argentinië met Brasilië wat nou in die proses is om 'n rekordoes te lewer. Volgens hom het dié internasionale markte 'n impak op Suid-Afrika wat hoofsaaklik met Suid-Amerika meeding. Plaaslike het produsente ook laat begin mielies plant weens droogte- en hittetoestande, maar produksie sien beter daarna uit. Hy sê sodra boere in die westelike produksiegebiede begin stroop sal daar 'n duideliker prentjie wees oor die plaaslike mielieproduksie. Boere in die oostelike deel van die land het ook al begin stroop, maar daar was ook skade aan oeste.

Graan SA (GSA) sê dit was vanjaar op die Nampo-handesklu duidelik dat die landboubedryf positief is om die plan vir ekonomiese groei te laat slaag. Dit was duidelik sigbaar in die Nasie in Gesprek-platform wat jaarliks groot belangstelling geniet. Die platform het gefokus op aspekte wat nodig is om die landboubedryf en Suid-Afrika se ekonomie te laai groei. Daarmee saam is kwessies soos finansiering vir swart boere, die uitbreiding van markte, winsgewendheid van die bedryf, 'n nasionale oesversekringsubsidie, vaardigheidsontwikkeling en die verbetering van infrastruktuur en navorsing oor klimaat,uitgelig.  



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.