On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

South Africa

Seun red - en sterf

───   06:45 Sun, 03 Feb 2019

Seun red - en sterf | News Article

Een van die seuns wat in die Hoërskool Driehoek-brugramp dood is, het 'n meisie na veiligheid gestamp voordat hy self onder die betonblok vasgekeer is.


Rappport berig die betonbrug het die 17-jarige Roydon Olckers op sy kop getref en hom toe vasgekeer. Volgens die Rapport het 'n skoolmaat die tragedie sien gebeur en vertel wat plaasgevind het. 'n Vriend van Roydon - Donovan - wou hom help. Hy het Roydon probeer uittrek, maar Roydon het vir hom gesê hy moet hom los, en die ander kinders gaan help. Toe hy teruggekom het vir Roydon was hy dood.

Intussen is vier leerlinge tans in die intensiewe sorgeenheid by die Union-hosiptaal in Alberton, een is in die intensiewe sorgeenheid in Milpark, vyf is na Mediclinic Vereeniging vervoer, en nege leerlinge word behandel in die intensiewe sorgeenheid by Mediclinic Emfuleni.


Rapport/OFM-nuus 


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.