On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

South Africa

VKB: 100 jaar van geloof, integriteit, respek en lojaliteit

───   09:18 Fri, 29 Mar 2019

Sponsored09:18 Fri, 29 Mar 2019
VKB: 100 jaar van geloof, integriteit, respek en lojaliteit | News Article

Baie min ondernemings geniet ooit die voorreg om 100 jaar oud te word. Trouens, die gemiddelde ouderdom van mense oorskry verreweg die gemiddelde ouderdom van ondernemings.

As ondernemings dit regkry om 100 jaar oud te word, beteken dit daar is ’n vraag na hul produkte of dienste, dit wat hulle oor so ’n lang tyd relevant maak. Dit beteken waarskynlik ook dat hulle ’n baie gesonde sakemodel het en dat hul onderneming kon aanpas oor so ’n lang tydperk om steeds relevant te bly.

VKB is in die landbou- en voedselsektor geposisioneer. So lank soos die mens bestaan, het hulle ’n behoefte na voedsel en vesel om hulself te voed, te klee en te beskerm teen die elemente.

Dit is die twee mees basiese behoeftes van die mens sedert sy oorsprong en dit sal vir altyd so wees. VKB bevind hom in die gelukkige posisie dat die produksie van voedsel en vesel die ondertoon is van sy sakemodel en gevolglik het die maatskappy ’n sakemodel wat waarskynlik nooit uitgedien sal wees nie, want mense sal altyd ’n behoefte hê na voedsel en na vesel vir kleding.

Landbou was vir die afgelope 100 jaar die kernrede vir VKB se bestaan. Dit sal waarskynlik ook vir baie jare nog die kernrede vir VKB se bestaan wees. Dit impliseer dat VKB se primêre doelwit is om die volledige waardeketting van landbouproduksie in Suid-Afrika te ondersteun.

VKB wil graag ‘n eenstopdiens aan die landbouprodusente lewer. Die maatskappy wil al die produsent se insette, goedere en dienste en finansiering verskaf sodat die produsent kan fokus op dit wat hulle passie is en wat hulle goed kan doen, naamlik om voedsel en vesel te produseer.

Sekondêr hiertoe wil VKB waarde toevoeg tot die landbouprodukte wat sy produsente produseer. Die maatskappy wil seker maak dat die produsent maksimum voordeel put uit die voedselwaardeketting en ten minste sy regmatige aandeel daarin verkry.

VKB se betrokkenheid in die verwerking van voedselprodukte is suiwer daarop gemik om die produsent meer volhoubaar te maak op die plaas omdat hy maksimum waarde uit die voedselwaardeketting wil put.

Dit is ’n geweldige groot voorreg, eer en verantwoordelikheid om deel te wees van die span mense wat beklee is met die verantwoordelikheid van rentmeesterskap oor so ’n dinamiese ondernemings soos VKB. Die voorreg word nog groter gemaak deur die feit dat VKB hierdie posisies kan beklee in ’n tydperk waarin hy dié besonderse mylpaal kon bereik om 100 jaar oud te word en om ook die geleentheid te kon hê om ’n hoofstuk te help skryf in die onderneming se roemryke geskiedenis.

VKB is bevoorreg dat hy ’n onderneming gekry het wat sy voorgangers op rotsvaste fondamente gebou het. Fondamente wat gesetel is op geloof, integriteit, respek, lojaliteit, goeie sakebeginsels, en so meer.

Van toeka

VKB het gegroei van ’n klein aantal landbouprodusente in ’n klein geografiese area wat ’n visionêre idee gehad het om ’n koöperasie te stig wat hulle kon bystaan om noodsaaklike goedere en dienste te verskaf wat hulle nodig gehad het in hulle produksieproses, tot ’n onderneming wat ’n groot deel van Suid-Afrika bedien en een van die grootste rolspelers in die landbou in Suid-Afrika is. Dit is die bogeneomde waardestelsel wat VKB gehelp het om oor so ’n lang tydperk te groei na so ’n uitsonderlike onderneming.

Tot nou

VKB het ’n paar onderskeidende kenmerke wat die onderneming gehelp het om ná 100 jaar steeds ’n relevante onderneming te wees:

  • Lojaliteit – daar bestaan waarskynlik nie vandag ’n onderneming wat soveel lojaliteit van sy klante geniet soos wat VKB tans geniet nie. Dit is ’n unieke kenmerk wat oor jare en geslagte opgebou is en waaroor VKB jaloers waak.
  • Spanwerk – wat begin by die voorsitter en direksie, uitkring na die bestuur en personeelkorps van die onderneming en afgerond word met die spanwerk wat uitkring na die produsente.
  • Integriteit en billikheid – VKB word bedryf met integriteit en verantwoordelikheid teenoor klante, personeel en sakevennote.
  • Positiewe konflik waar die klimaat geskep word om van mekaar te verskil, maar die fokus bly op die saak waaroor jy van mekaar verskil en nie die persoon van wie jy verskil nie.

Dit is die bestuur se verantwoordelikheid om hierdie waardestelsel oor te dra aan sy opvolgers op dieselfde gesonde vlak as wat hy dit gekry het. Gegewe die tyd van snelle verandering waarin ons leef sal dit ’n baie groot uitdaging wees om hierdie 100 jaar oue erflating in dieselfde gesonde toestand oor te gee as wat dit ontvang is.

Daar is ’n paar sleuteldrywers wat in die huidige konteks ’n baie groot rol gaan speel in die landbou-omgewing in Suid-Afrika:

Transformasie

Dit is die groot debat van die oomblik. Transformasie sal oor ’n groot wye veld moet plaasvind in ons land. Dit sluit in Gelyke Indiensname, Swart Ekonomiese Bemagtiging en Grondhervorming.

Dit gaan waarskynlik ’n lang en moeilike pad wees om uit te kom by ’n punt waar daar nie meer gepraat word oor transformasie nie en waar almal in Suid-Afrika tevrede is met die toedrag van sake. Ons moet so vinnig moontlik by daardie punt uitkom, want transformasie trek ons aandag af van dit wat werklik benodig word, naamlik om volhoubaar internasionaal mededingend te wees.

Raad aan die produsente: Wees bewus van wat in jou omgewing aangaan, maar moet nie so daarop fokus dat dit jou ondergang beteken eerder as wat Transformasie dit veroorsaak nie. Ons land het voedsel nodig, selfs die domste politici behoort daarvan bewus te wees. Fokus op dit waarmee julle kan saampraat met die beste in die wêreld en wees deel van die georganiseerde landbou wat dialoog voer met die regering oor die toekoms.

Internasionale mededingendheid

Die wêreld is sogenaamd “plat”. Dit beteken dat kommoditeite geproduseer word daar waar dit die goedkoopste geproduseer word en verruil word vir ander kommoditeite wat elders goedkoop geproduseer word. As Suid-Afrikaanse landbouprodusente in die “plat wêreld” wil oorleef, sal hulle kos goedkoper moet produseer as wat dit van elders af hier gelewer kan word. Dit sal gedoen moet word in ’n omgewing wat nie noodwendig as die optimale produksieomgewing beskou kan word nie. Produsente sal dit slegs kan regkry as hulle op die voorpunt van tegnologiese en biologiese vooruitgang staan sodat hulle optimale produksie met die minste moontlike insette kan behaal.

Tegnologiese en biologiese vooruitgang

Tegnologiese ontwikkeling is eksponensieel. Die een tegnologiese deurbraak gee aanleiding tot die volgende. Dit stel produsente in staat om meer te produseer met minder. In voedselproduksie is dit belangrik om meer te produseer met minder.

Die aarde se oppervlakte bly konstant, maar die wêreldbevolking groei. Die hele wêreld beveg armoede. Dit impliseer meer mense gaan ’n groter behoefte hê na landbouprodukte. Produsente sal dus meer moet produseer met minder om aan die groeiende vraag te voldoen. Ons sal dit slegs kan regkry as ons voldoende investeer in navorsing en ontwikkeling.

Weer eens is raad aan die landbouprodusente om op te hou wag dat iemand iets vir jou gaan doen. Daardie dae is vir altyd verby. Die landbougemeenskap sal self hierdie navorsing en ontwikkeling moet doen en befonds of sal bereid moet wees om baie te betaal vir diegene wat wel tegnologiese deurbrake maak. Koop jou tegnologie of mobiliseer self en vestig julle eie navorsing- en ontwikkeling-instansies, maar moet nie internasionaal agter raak nie.

Klimaatsverandering

Die aarde wys die letsels en tekens dat daar oor tyd dramatiese klimaatsveranderings plaasgevind het. Hierdie veranderings vind steeds plaas en is moontlik besig om te versnel. Ons as mense dra waarskynlik by tot die versnelling in klimaatsverandering deur die onverantwoordelike manier waarmee ons met die aarde omgaan.

Ons leef eenvoudig asof ons die laaste generasie op die planeet gaan wees. Die wêreld sal moet saamwerk om faktore wat klimaatsverandering veroorsaak teen te werk of ten minste te vertraag.

Alhoewel ons in ons omgewing nie klimaatsverandering kan teenwerk nie, sal ons ’n ingeligte raming moet maak van hoe dit ons affekteer en daar rondom ons produksiebesluite neem. Daar rus ook ’n baie groot verantwoordelikheid op besighede in die wêreld om meer omgewingsvriendelike produksieprosesse te volg.

Waarheen is VKB op pad in die toekoms?

Landbou sal steeds die kernrede vir VKB se bestaan bly in die toekoms. VKB se toekoms sal dus tot ’n groot mate bepaal word deur die behoefte van sy aandeelhouers. Die onderneming het gegroei van ’n beskeie onderneming tot een van die grootste landboubesighede en rolspelers in die land.

Dit is tot ’n baie groot mate moontlik gemaak deur die lojale ondersteuning van ons landbouprodusente. Ons koöperatiewe kultuur en unieke aansporingskortingsmodel het bygedra om hierdie lojaliteit te kweek. Dit het veroorsaak dat ons ons besigheid kon groei deur die fondse wat binne ons onderneming gegenereer is en dat ons besigheid behoort aan die landbouprodusente wat met ons besigheid doen eerder as aan die beleggerspubliek.

VKB se groeiende nywerhede het ’n toenemende behoefte na kapitaal. Groeigeleenthede in hierdie divisie is legio. Daarom sal ons dalk in die toekoms geringe aanpassings aan ons model moet maak om aan te pas by die dinamiese en moderne omgewing waarbinne ons opereer.

VKB se aandeelhouers sit egter op ’n stukkie goud. Daar sal geleenthede wees om hierdie goud te verruil vir geld, eenmalige kortstondige geld. Anders as baie ander landboubesighede kon ons voorgangers hierdie versoekings weerstaan en het hulle hierdie besigheid op rotsvaste fondamente gebou en die besigheid oor geslagte opgebou tot ’n unieke trots in die voedselwaardeketting in Suid-Afrika.

Mag die volgende geslagte net so trots waak oor hulle besigheid en mag VKB se vlag oor 100 jaar steeds wapper.




Koos Janse van Rensburg – Uitvoerende Direkteur van die VKB Groep
So het VKB se hoofkantoor in die ou dae gelyk
So sien VKB se hoofkantoor tans daar uit.



Gallery

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.