On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor and Margaret
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

South Africa

Jeanne Goosen sterf

───   11:36 Wed, 03 Jun 2020

Jeanne Goosen sterf | News Article
Jeanne Goosen/Foto: Netwer24 (Lerato Maduna)

Die skrywer Jeanne Goosen, bekend om romans soos "Ons is nie almal so nie" en " 'n Pawpaw vir my darling", is oorlede.


Netwerk24 berig Goosen, wat 81 jaar oud was, is vanoggend omstreeks 01:30 in haar meenthuis in Melkbosstrand dood. 

Goosen het haar bewussyn verloor en haar versorger, Michele van der Westhuizen, was by haar toe sy dood is. 

Daar sal die naweek 'n diens gehou word, maar besonderhede moet nog bevestig word. Goosen se vierde digbundel, "Het jy geweet ek kan toor", het vroeër vanjaar verskyn. 

Sy het in 1971 gedebuteer met die digbundel, " 'n Uil vlieg weg". Sy het verskeie boeke en toneelstukke geskryf. 

Van haar rubrieke is ook as 'n bundel uitgereik. 

Goosen sou in Julie 82 jaar oud word.


Netwerk24

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.