On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

South Africa

Asemhalingsmasjiene aan NK geskenk

───   08:48 Tue, 05 Jan 2021

Asemhalingsmasjiene aan NK geskenk | News Article
Stock image

Daar is 72 masjiene vir hulp met lugtoevoer en asemhaling aan die Nood-Kaap se Departement van Gesondheid, deur Gift of the Givers Foundation, geskenk.


Die amptelike oorhandiging het by die Provinsiale Gesondheidskantore in Kimberley plaasgevind en is bygewoon deur onder andere die LUR Maruping Lekwene. 

CPAP–masjiene, wat ook vir slaap-apnee gebruik word, lewer 'n stroom lug onder druk om die lugweg oop te hou terwyl 'n persoon slaap, en sodoende die episodes van onderbroke asemhaling te voorkom. 

Vir pasiënte met ernstige Covid-19 simptome is ventilators van kritieke belang en vir ligte tot matige gevalle waar pasiente asemhalingsnood ervaar, sal hierdie aangepaste CPAP–masjiene verligting bied. 

Volgens Gift of the Givers is hierdie toestelle deur die Solidariteitfonds finansier, met Gift of the Givers wat logistieke ondersteuning bied.



OFM-nuus/Mia-Leigh Cloete

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.