South Africa
#Covid19: Ramaphosa besoek Aspen Pharmacare─── 06:45 Mon, 29 Mar 2021
President Cyril Ramaphosa en adjunk-president David Mabuza sal Maandag Aspen Pharmacare se aanleg en die Koega Spesiale Ekonomiese Sone by Gqeberha, voorheen Port Elizabeth, in die Oos-Kaap besoek.
Luidens die SABC sal Ramaphosa en Mabuza vergesel word van die minister van Gesondheid, Zweli Mkhize en nog afgevaardigdes.
Die besoek het ten doel om die vordering met die vervaardiging van Covid-19 entstof te bekyk as deel van die nasionale inentingsprogram wat ‘n vennootskap tussen die regering en die private sektor is.
Intussen is nog 965 nuwe Covid-19 gevalle in die jongste verslagtydperk bevestig, wat die kumulatiewe totaal op 1 5451431 te staan bring. Die dodetal het met 15 gestyg tot 52 663.
Daarvan was ses sterftes in Gauteng, vier in Mpumalanga, drie in die Vrystaat en een in die Wes-Kaap.
Die herstelkoers is steeds op 95 persent.
SABC
