South Africa
#CoronavirusSA: Maatskaplike werkers word ingeënt─── 08:41 Sun, 18 Jul 2021

Professionele- en ondersteuningspersoneel van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling sal van vandag af teen die koronavirus ingeënt word.
Dit is volgens die Minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Lindiwe Sisulu.
Sy sê meer as 240 000 werkers gaan na verwagting die inenting ontvang.
Terwyl die land vandag met die veldtog begin, sal die Wes-Kaap en Limpopo onderskeidelik op 22 en 23 Julie met hulle inentingsveldtog begin.
Kinderontwikkelingspraktisyns, maatskaplike werkers, gemeenskapsontwikkelingspraktisyns sowel as Sassa werkers en diegene werksaam by die Nasionale Ontwikkelingsagentskap en die SA Raad vir Maatskaplike Welsynsberoepe sal ook ingeënt word.
OFM-nuus/Roderick Titus