On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

South Africa

Koste van minister se vlugte meer as R500 000 in ‘n jaar

───   CATHY DLODLO 12:40 Wed, 11 Aug 2021

Koste van minister se vlugte meer as R500 000 in ‘n jaar | News Article

Die voormalige minister van Menslike Nedersettings, Water en Sanitasie, Lindiwe Sisulu, het in minder as ‘n jaar 120 keer tussen plaaslike bestemmings gevlieg, ten koste van meer ‘n half miljoen rand.

Dit is volgens ‘n antwoord op ‘n geskrewe vraag wat deur DA-parlementslid, Emma Powell, in die Parlement ter tafel gelê is. Sy het gevra dat inligting van alle vlugte wat deur Sisulu onderneem is – tussen 1 Maart 2020 en 1 Januarie 2021 - bekend gemaak word. 

Volgens die geskrewe antwoord was die minister op altesaam 120 binnelandse vlugte en dit het altesaam R500 479 gekos. In Maart verlede jaar het sy 15 keer en in November 24 keer gevlieg. Vlugte was meestal tussen Kaapstad, Johannesburg en Durban. 

Sisulu is intussen tydens ‘n kabinetskommeling verlede week as minister na die Toerisme-department verskuif.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.