On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

South Africa

AfriForum verwerp voorgestelde Wetsontwerp op Onteiening

───   08:19 Sat, 14 Aug 2021

AfriForum verwerp voorgestelde Wetsontwerp op Onteiening  | News Article

AfriForum het kommentaar wat onteiening sonder vergoeding in sy geheel verwerp, ingedien by die parlement.

AfriForum verwerp die grondwetlike wysiging wat poog om onteiening van alle tipes eiendom sonder vergoeding toe te laat. Die burgerregteorganisasie het ook die name van sowat 47 000 mense wat teen die wetsontwerp gekant is, ingedien.

Die Suid-Afrikaanse Grondwet laat alreeds grondhervorming toe en ’n restitusieproses is al vir dekades gereed om grondeise deur diegene wat in die verlede ontneem is, aan te spreek. Hierdie wettige proses is egter deur korrupsie, kaderontplooiing en wanbestuur ontspoor. Verder is slegs ongeveer 6% van die grond wat die regering sedert die begin van die grondhervormingsproses verkry het, oorgedra na private eienaarskap. Dit bewys dat ’n gebrek aan gewillige verkopers nie die probleem is nie. Die probleem is die regering se gebrek aan begeerte om die grond wat hulle verkry het, te herverdeel.

"Wat uiters kommerwekkend is, is die feit dat mens die indruk kry dat die komitee die vorige openbare kommentaar oor die kwessie van die wysiging van die Grondwet heeltemal geïgnoreer het. Die oorgrote meerderheid van kommentaar het die wysiging van die Grondwet teëgestaan, nogtans het die ANC voortgegaan om die afbrekende wysiging na te streef. Die ANC gee duidelik nie om wat burgers te sê het nie en is te verblind deur hulle hebsug en begeerte om meer grond verniet aan hulself en medekaders te begin uitdeel. Onteiening sonder vergoeding is immorele diefstal en AfriForum sal aanhou om dit te beveg,” sê Jacques Broodryk, bestuurder van veldtogte by AfriForum.


Verklaring verskaf


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.