South Africa
‘Die Taliban is voor ons hotel’ - Suid-Afrikaner in Kaboel pleit soos skote klap─── 08:55 Tue, 17 Aug 2021
‘n Suid-Afrikaner wat in Kaboel in Afghanistan woon en werk het ‘n pleidooi aan die Suid-Afrikaanse regering gerig om hom en sy mede-werkers uit die stad te ontruim.
“Dinge het lelik gedraai, veral die afgelope drie dae,” sê Nicky Venter.
Venter het eksklusief met die Scenic Drive with Rian vanuit Kaboel gesels waar hy tans by ‘n hotel werk.
Hy werk met ten minste een Suid-Afrikaanse kollega, terwyl twee ander skuiling in die hotel geneem het.
“Hulle het al die twee hotelle langs ons oorgevat, en ons het kontak gemaak met die Suid-Afrikaanse ambassade in Pakistan omdat Afghanistan onder hulle val. Ons wag vir terugvoer.”
Die Departement van Internationale Betrekkinge beweer dat geen Suid-Afrikaner tot dusver aangedui het dat hulle hulp benodig nie.
Verskeie ander lande het reeds begin om hul burgers uit Afghanistan te ontruim nadat die militante groep die regering oorgeneem het.
“Ons byt maar was,” het Venter gesê soos die skote in die agtergrond klap.
Jacaranda News
