On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

South Africa

Skema ingestel vir #Covid19-inentingbeserings

───   06:24 Tue, 14 Sep 2021

Skema ingestel vir #Covid19-inentingbeserings | News Article
Image: Gauteng Health

Suid-Afrikaners wat ‘n ernstige besering of siekte opgedoen het weens ‘n Covid-19-inenting, kan deur die regering se vergoedingskema daarvoor vergoed word.

Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte, SAHPRA, sê die Departement van Gesondheid het dié skema ingestel toe hy die inentingsveldtog van stapel gestuur het. Die nasionale komitee van kenners oor inentingsveiligheid sê geen sterfte in Suid-Afrika wat aanvanklik aan inentings toegedig is, kon ná ‘n deeglike ondersoek met die inenting verbind word nie.

Die Departement van Gesondheid sê hoewel ‘n Covid-19-inenting ‘n persoonlike keuse is, kan mense wat weier om ingeënt te word, dalk toegang belet word tot sekere geleenthede en selfs toegang tot die buiteland. President Cyril Ramaphosa het gesê die regering ondersoek die moontlikheid van ‘n tipe inentingspaspoort as bewys kan dien dat iemand ingeënt is. 

Mense ontvang tans kaarte en sms’e as bewys daarvoor. ‘n Immunoloog van die Departement van Gesondheid, Lesley Bamford, sê dié kaarte sal dalk nie vir buitelandse reise aanvaar word nie. Bamford sê hulle en die Departement van Internasionale Betrekkinge is in gesprek met talle regerings oor hul vereistes ten opsigte van Covid-19 om die nodige stelsel vir Suid-Afrikaners in te stel.


SABC-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.