On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

South Africa

Meer as 6 000 moorde tussen Julie en September - Cele

───   BLAINE JONES 11:29 Sat, 20 Nov 2021

Meer as 6 000 moorde tussen Julie en September - Cele | News Article
Police Minister Bheli Cele/Photo: ANA

Volgens die jongste misdaadstatistieke wat Vrydag deur die Minister van Polisie, Bheki Cele, uitgereik is, is daar tussen Julie en September vanjaar 6 163 mense in Suid-Afrika vermoor.

Cele sê dit is 1 056 meer slagoffers in vergelyking met die ooreenstemmende tydperk in die vorige finansiële jaar.

Cele sê altesaam 2 424 mense is in openbare plekke soos strate, oop velde, parkeerareas en verlate geboue vermoor.

424 moorde het by sjebeens, nagklubs, en drankwinkels plaasgevind.

Drankwinkels is die derde waarskynlikste plek waar mense volgens hierdie statistieke in Suid-Afrika vermoor kan word.

Cele sê altesaam 23 polisiebeamptes is tussen Julie en September 2021 dood.

"Hoewel dit duidelik is dat die Julie-onrus in KwaZulu-Natal bygedra het tot die moordsyfers, moet ons toegee dat ander provinsies soos Vrystaat, Limpopo, Mpumalanga, Noord-Kaap en Noordwes skerp stygings in moordsake gedurende hierdie verslagtydperk aangeteken het," sê Cele.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.