On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

South Africa

Drie SA satelliete in ruimte in lanseer

───   09:23 Mon, 17 Jan 2022

Drie SA satelliete in ruimte in lanseer | News Article
PHOTO: Space X

Die lansering van drie plaaslik vervaardigde nanosatelliete Saterdag was baanbrekerswerk. Só sê een van die ingenieurs wat deel is van die navorsingspan van die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie wat die satelliete ontwerp het.

Die satelliete vorm deel van die Maritime Domain Awareness Satellite-konstellasie - waarin die Departement van Wetenskap en Innovasie sowat R27-miljoen belê het. Dit sal onder meer aangewend word om Suid-Afrika se kuslyn te monitor, onder meer om Suid-Afrikaanse mariene hulpbronne teen onwettige stropers en vissersbote te beskerm.

Die Suid-Afrikaans-gebore entrepreneur Elon Musk se maatskappy, Space X, het die nanosatelliete vanaf Cape Canaveral in die Amerikaanse deelstaat Florida gelanseer.



eNuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.