On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

South Africa

Staat laat vaar planne vir gedwonge #Covid19-behandeling

───   15:22 Mon, 21 Feb 2022

Staat laat vaar planne vir gedwonge #Covid19-behandeling  | News Article

Die staat het afgesien van sy planne om mense wat positief toets vir Covid19 te dwing om in staatsfasiliteite te isoleer ná volgehoue druk deur die burgerregteorganisasie AfriForum.

Die regulasies het ook bepaal dat mense wat positief toets vir Covid-19, verpligte mediese behandeling moet ontvang. Daar is geen aanduiding gegee oor watter tipe mediese behandeling na verwys word nie.

AfriForum se regspan het onmiddellik ’n skrywe aan die Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, gestuur om die staat daarop te wys dat die regulasies ongrondwetlik en ’n growwe skending van die publiek se regte is. Nadat AfriForum met regsaksie gedreig het en hofstukke voorberei het, het die minister toegestem en die nodige wysigings aan die regulasies aangebring.

Boonop het AfriForum in Junie 2020 reeds ’n oorwinning behaal in die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria toe Regter J.W. Louw die organisasie se dringende aansoek toegestaan het om die minister se kwarantynregulasies (wat toe ook selfisolasie verbied het) ongeldig te verklaar.

Volgens die nuutste gewysigde regulasies mag persone nou weer self-isoleer. Die regulasie oor die weiering van behandeling, is ook verwyder.

“Die minister se besluit om die drakoniese regulasies aan te pas, wys net weer hoe belangrik dit is vir die burgerlike samelewing om die regering op hul tone te hou. ’n Mens kry die indruk dat die staat toenemend sy mag probeer uitbrei en tensy organisasies soos AfriForum en hul ondersteuners nie terugstoot nie, sal die staat beslis sy mag misbruik, soos ons nou al telkemale gesien het,” sê Jacques Broodryk, AfriForum se veldtogtebestuurder.

AfriForum is van mening dat mense wat positief toets vir Covid-19 en simptome toon, tuis moet isoleer en geensins in staatsfasiliteite ingedwing behoort te word nie.


Verklaring verskaf.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.