On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

South Africa

Zondo-kommissie sal klugspel wees sonder ondersoeke en optrede: VF+

───   15:49 Wed, 02 Mar 2022

Zondo-kommissie sal klugspel wees sonder ondersoeke en optrede: VF+ | News Article
Regter Raymond Zondo/Foto: Reuters

Indien daar nie deeglike ondersoeke en optrede kom aan die hand van die bevindings van regter Raymond Zondo nie, sou dit beteken die kommissie was 'n klugspel en vermorsing van geld.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se ondersoekdirektoraat moet daarom so gou as moontlik met die ondersoeke begin.

Van die persone wat prominent in die verslae genoem word, sluit in oud-president Jacob Zuma, Ace Magashule (geskorste sekretaris-generaal van die ANC), Dudu Myeni (voormalige voorsitter van die SAL) en nou ook Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energiesake.

Hoe meer tyd egter verloop, hoe beter die geleentheid vir persone wat betrokke was by korrupsie en bedrog om hul spore dood te vee en veral betrokkenes by die Staatsveiligheidsagentskap (SVA) en misdaad-intelligensie sal alles moontlik doen om hul wandade te verdoesel.

Die ondersoeke self kan moontlik ook etlike jare duur en hoe meer tyd verloop, hoe groter raak die gate in die vangnet.

Die ANC moet besef dat staatskaping en die gevolge daarvan op sy rekening is en sy versuim om teen die skuldiges op te tree, sal by die stembus verreken word.


Verklaring verskaf.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.