On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

South Africa

Veediefstal 'buite beheer'

───   07:23 Wed, 20 Apr 2022

Veediefstal 'buite beheer' | News Article
File image

Veediefstal in Suid-Afrika is "buite beheer en die polisie verloor die stryd om dit behoorlik te ondersoek".

Die Leier van die VF Plus, Pieter Groenewald, sê dit kom duidelik na vore uit die antwoord op 'n parlementêre vraag van hom aan die minister van polisie, Bheki Cele. 

Groenewald sê in 'n verklaring veeboerdery is 'n integrale deel van die landbousektor en veediefstal knou veeboere. Hy sê die onvermoë van die polisie om veediefstalsake op te los, beteken dat veediefstal buite beheer is.

Volgens die antwoord van die minister is 26 923 veediefstalsake in die tydperk van 1 April 2021 tot 28 Februarie 2022 by veediefstaleenhede aangemeld. Van hierdie sake is slegs 7 800 of 28,9% opgelos.

Klagtes van boere is dat sommige veediefstaleenhede nie genoeg lede het nie, asook 'n tekort aan voertuie en 'n gebrek aan kundigheid.

Groenewald sê korrupsie speel ook 'n groot rol en daar is bewerings dat senior offisiere in die polisie self betrokke is by diefstalsindikate.

Luidens die verklaring, is die provinsie met die meeste klagte in die betrokke tydperk KwaZulu-Natal met 7 227 aangemelde sake, gevolg deur die Oos-Kaap met 5 533 sake.

Die provinsie met die swakste syfer is Limpopo met slegs 16,5% sake wat opgelos is, gevolg deur Gauteng met 'n syfer van 16,9%.

Die VF Plus leier sê daar sal drasties opgetree moet word en die nuwe kommissaris van polisie, Fannie Masemola, sal moet sê watter stappe hy gaan neem om die probleem op te los. "Ek sal ook verdere vrae in die parlement vra oor die vermoëns van die veediefstaleenhede."

Verklaring

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.