On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

South Africa

Enyobeni-tavernesaak draai weer in hof

───   09:47 Fri, 25 Nov 2022

Enyobeni-tavernesaak draai weer in hof | News Article
PHOTO: SABC News/Dinilohlanga Mekuto

Die eienaars van die Enyobeni-taverne in Oos-Londen in die Oos-Kaap moet Vrydag weer in die plaaslike landdroshof verskyn.

Die egpaar, Vuyokazi en Siyakhangela Ndevu, se saak is verlede maand uitgestel om die staat en die verdediging toe te laat om met getuies te konsulteer.

Die saak hou verband met die verkoop van alkohol aan persone onder die ouderdom van 18. Die Ndevu-egpaar staan tereg op aanklagte dat hulle minderjariges in hul taverne toegelaat het en ook alkohol aan hulle verkoop het.

Die uitstel is verlede maand toegestaan aangesien 'n nuwe aanklaer die saak oorgeneem het. Die families van die 21 slagoffers beplan ook om hulle tot die hof te wend. Hulle soek steeds na antwoorde oor die tragedie en verwerp die amptelike oorsaak van dood, naamlik versmoring.

Menseregtekommissie ontvang 'n klag

Die Southern African Alcohol Policy Alliance in Suid-Afrika het vroeër vandeesmaand ’n klag by die Menseregtekommissie ingedien oor die Enyobeni-tragedie.

Die kommissie is tans besig om ’n regsmening in te win oor hoe om die saak te benader. Die klaer is van mening dat alle regeringsfere en -agentskappe versuim het om die gemeenskap teen die skadelike gebruik van alkohol te beskerm.

Hulle voer verder aan dat die regte van die 21 oorlede jongmense geskend is toe hulle in die taverne toegelaat is. Die kommissie se hoof in die Oos-Kaap, dr Eileen Carter, sê hul eie ondersoeke na die tragedie duur voort.

SABC-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.